'n Mediese werker in Matabeleland sê dat die mielie-oes so te sê totaal misluk het en die bietjie wat daar was, is meesal aan Mugabe-ondersteuners gegee.
Die Verenigde Nasies sê dat voedselhulp onmiddellik versprei moet word want tot vyf miljoen mense sal in die komende maande sulke hulp nodig hê.
'n Derde van die bevolking is reeds chronies ondervoed. Hulpwerkers sê dat die eerste tekens van hongersnood sigbaar is as kinders by hospitale met kwasjiorkor opdaag.
Die VN sê voorts dat daar 'n beduidende toename opgemerk is van hele gesinne wat na Suid-Afrika toe vlug.