Hoe groot is ‘n groot banknoot?

Image

Maar net 500 miljoen dollar…

Zimbabwe, wat reeds alle rekords met sy 2,2 miljoen persent inflasie oortref het, het ʼn nuwe 100-miljarddollarnoot uitgereik in ʼn poging om die nypende kontanttekort die hoof te bied, het die sentrale bank gister gesê.

Die nuwe noot sal Maandag in omloop gestel word, het die bank in ʼn verklaring gesê wat deur die staatsmedia aangehaal is. Dit sal die sesde hoëdenominasienoot wees wat reeds vanjaar uitgereik is.

In Januarie is ʼn 10-miljoendollarnoot uitgereik, wat gevolg is deur ʼn 50-miljoendollarnoot in April. In Meimaand is note van 100 miljoen en 250 miljoen dollar uitgereik, wat gou deur ander van vyf miljard, 25 miljard en 50 miljard opgevolg is.

Tydens die krisis wat op die verkiesing gevolg het, het Zimbabwe se hiperinflasie nog verder momentum verkry en van 165 000 persent in Februarie tot 2,2 miljoen in Junie opgeskiet.

Onafhanklike ekonome meen egter dat die amptelike syfer inflasie sterk onderskat en beraam dat die werklike koers iewers tussen 10 miljoen en 15 miljoen persent kan wees.

Zimbabwe se chroniese ekonomiese krisis wat deur grondhervorming en die afsetting van blanke boere veroorsaak is, het ten minste 80 persent van die bevolking tot onder die broodlyn gedwing en massatekorte aan basiese goedere in die winkels veroorsaak.

Suid-Afrika se minister van landbou, Thoko Didiza, is tans besig met planne vir ʼn soortgelyke “grondhervorming” in dié land.

светодиодная люстра круглая с пультомФильчаков прокурор

Maak 'n opvolg-bydrae