Komphela gaan by die Menseregtekommissie aangegee word deur SASKOK, die Suid-Afrikaanse Sportkonfederasie en Olimpiese Komitee weens sy belediging.
Komphela het in 'n koerantonderhoud gesê dat SASKOK vol blankes en Indiërs is wat nie transformasie begryp nie en 'n gebrek aan visie toon.
'n Woedende Moss Mashishi het gesê dat SASKOK sokker ondersteun om 'n einde aan Komphela se rassistiese heerskappy en onhoudbare beledigings te maak.
Alle sportfederasies in die land, rugby en krieket inkluis, is by SASKOK geaffilieer.

Nog 'n rasse-aanmerking deur Butana Komphela het tussen Suid-Afrikaanse sport en die parlement beland.