Limpopo is Zuma s’n

Cassel Mathale, 'n Zuma-bondgenoot, het die ANC-voorsitterskap in Limpopo gewen.

Die pro-Zuma Mathale het met meer as 60% steun in die provinsie vir premier Sello Moloto uit die kussings gelig.

Hy het met 587 stemme teenoor Moloto se swak vertoning van 357 geseëvier.

Premier Moloto is 'n Mbeki-aanhanger.

Die top vyf nuwe amptenare in Limpopo is nou almal Zuma-ondersteuners.

настенные потолочныетопкарго