Diesel beland in Steelpoortrivier

Die Steelpoortrivier in Limpopo is besoedel ná ’n chemiese storting, het die Groter Sekhukhune-distriksmunisipaliteit gister gesê. Dit volg op ’n ongeluk eergisteraand waarin ’n vragmotor (wat sowat 20 kiloliter diesel vervoer het) ’n chemiese stoortenk op die De Hoop-dam se konstruksieterrein getref het, het mnr. Willy Mosuma, munisipale woordvoerder, gesê. “Ons waarsku mense wat in

Lees verder: Diesel beland in Steelpoortrivier

Zuma klap sweep met staatsrede

President Jacob Zuma het Woensdag in sy eerste staatsrede 'n aantal kernkwessies uitgelig. Afrika se grootste ekonomie verkeer tans in 'n resessie nadat die aanvraag vir grondstowwe en vervaardigde goedere sterk afgeneem het. Zuma het belowe om 500 000 nuwe werkgeleenthede midde die resessie te skep en gesê afleggings kan vermy word. “Ons vyfjaarplan word

Lees verder: Zuma klap sweep met staatsrede

Skokverslag oor misdaad teen kinders

Terwyl een kind elke drie minute in Suid-Afrika verkrag word, is daar tussen 2007 en 2008 1 410 sake van kindermoord aangemeld. Daarbenewens is nagenoeg 45% van alle verkragtings wat in Suid-Afrika aangemeld word, kinderverkragtings. Dié en talle meer skokkende feite oor misdaad teen kinders word Donderdag, 4 Junie deur Solidariteit Helpende Hand onthul met

Lees verder: Skokverslag oor misdaad teen kinders

TV-kyk skadelik vir taalontwikkeling

Om gedurig die TV in ’n huishouding met babas en kleuters aan te hê is sleg vir brein- en taalontwikkeling, het ’n onlangse studie bevind. Televisie is sleg vir babas en kleuters se ontwikkeling omdat dit die aantal woorde wat kinders hoor en sê beperk, het ’n studie vandeesweek gewys. “Hoorbare televisie verminder duidelik spraak

Lees verder: TV-kyk skadelik vir taalontwikkeling

VSA lek vertroulike kerninligting

Die Amerikaanse regering het per ongeluk 'n verslag van 266 bladsye wat as "hoogs vetroulik" gemerk is, openbaar gemaak. Die verslag bevat gedetaillerde inligting van die land se burgerlike kernpersele en programme en dit sluit kaarte in wat die spesifieke ligging aandui waar brandstof vir kernwapens gehou word, in. Die publikasie van die verslag is

Lees verder: VSA lek vertroulike kerninligting

Vrou van vermiste vliegtuigpassasier bly hoop

Die vrou van die Suid-Afrikaner, Erich Heine (41) wat vermis word nadat vlug 447 van Air France oor die Atlantiese Oseaan vermoedelik verongeluk het, is steeds vol hoop dat haar man lewe. Alet Heine het Woensdag in 'n onderhoud gesê sy is moeg gedink. "Daar is nog steeds geen nuus nie, maar ek het op

Lees verder: Vrou van vermiste vliegtuigpassasier bly hoop

Rotteplaag tref Johannesburg danksy plakkersrommel

'n Rotteplaag het in die ooste van Johannesburg uitgebreek en inwoners in die nabyheid van Diepsloot, noordwes van die stad, kla ook oor rotte. Gas, rotvalle, uile en verdrinkingsemmers word nou in Ekurhuleni ingespan om die plaag te bekamp. Die "geïntegreerde knaagdierbeheerplan", 'n dodelike vyffaseplan, is 'n poging deur plaaslike regering, die gemeenskap en belangegroepe

Lees verder: Rotteplaag tref Johannesburg danksy plakkersrommel

Mamelodi-inwoners weier om dienste te betaal

'n Geskil tussen inwoners van hostelle in Mamelodi het uitgeloop op geweld en intimidasie en het tot die inhegtenisname van 17 mense gelei, volgens die polisie in Gauteng. "Nuwe hostelle is onlangs deur die metroraad gebou met gesinseenhede en die raad wil nou die ou hostel afbreek," het konstabel Sam Shibambo.gesê. Inwoners van die ou

Lees verder: Mamelodi-inwoners weier om dienste te betaal

‘Verbrand gewapende rowers’

Burgers van Guinee behoort gewapende rowers te verbrand as hulle hulle in die hande kry sodat die land se tronke nie oorlaai word nie, het die die militêre regering se anti-misdaadhoof Dinsdag gesê. Wetteloosheid in die hoofstad Konakry het die afgelope maande toegeneem met soldate wat daarvan beskuldig word dat hulle roof en verkrag. "Ek

Lees verder: ‘Verbrand gewapende rowers’

Frankryk en Iran in kernsamesprekinge

President Nicolas Sarkozy van Frankryk het Dinsdag ’n sonderlinge vergadering met die Iranse minister van buitelandse sake, mnr. Manoetsjer Mottaki, oor Iran se kernprogram gehou. “Die vergadering sal ’n geleentheid wees om samesprekings oor kernvermeerdering wat die ses [invloedryke lande] met Iran wil hervat, te bespreek,” het Sarkozy se kantoor vroeër in ’n verklaring gesê.

Lees verder: Frankryk en Iran in kernsamesprekinge