Rotteplaag tref Johannesburg danksy plakkersrommel

Image'n Rotteplaag het in die ooste van Johannesburg uitgebreek en inwoners in die nabyheid van Diepsloot, noordwes van die stad, kla ook oor rotte. Gas, rotvalle, uile en verdrinkingsemmers word nou in Ekurhuleni ingespan om die plaag te bekamp.

Die "geïntegreerde knaagdierbeheerplan", 'n dodelike vyffaseplan, is 'n poging deur plaaslike regering, die gemeenskap en belangegroepe volgens woordvoerder van die Ekurhulenimetroraadwoordvoerder, Zweli Dlamini.

Die probleem is reeds te groot om van privaateienaars, wie se vertantwoordelikheid dit is om plaagbeheer toe te pas, te verwag om 'n oplossing te vind. Dlamini het gesê 'n gesamentlike poging is nou nodig.

Inwoners word nou gevra om op die uitkyk te wees vir rotte en muise en mense wat in "warm kolle" woon waar knaagdiere buite beheer is, word deur gesondheidswerkers besoek en van rotvalle voorsien

Die gesondheidswerkers inspekteer wonings, reik 'n kennisgewing uit en met 'n opvolgbesoek kan 'n boete uitgeskryf word indien die inwoner nie gereageer het op die kennisgewing om van die plaag onder beheer te bring nie.

In die eerste fase word plaaggebiede en die oorsake geïdentifiseer en in die tweede word rotte gevang en uitgeroei. Rotvalle word tans in warm kolle soos Tembisa, Thokoza, Katlehong en ander plakkerskampe uitgedeel.

Die verdrinkingsemmer is in Phomolong, Tembisa, geloods waar halfvol emmers water met sonneblomsaad gebruik word om rotte te lok en te verdrink. In Kathorus is 'n uilprojek van stapel gestuur.

In die derde fase word 'n skoonmaakaksie beoog en in die vierde 'n gemeenskapsopleidingsprojek. In die laaste en vyfde fase gaan wetgewing afgedwing word wat die Omgewingsbewaringswet, die Omgewingsbestuurswet en openbare gesondheidswette en munisipale wette insluit.

Ten spyte daarvan dat honderde duisende rotte al vergas is, gaan die probl;eem nie weg nie, volgens Dlamini, omdat vullis oral gestrooi word.

"Dit is die grootste bydraende faktor wat die rotteplaag betref," het die munisipaliteit se uitvoerende omgewingsbestuurder Mandla Sithole gesê, verwysende na die rondstrooing van rommel.

люстры 5 рожковые подвесныеДанильченко Юрий Брониславович