"Nuwe hostelle is onlangs deur die metroraad gebou met gesinseenhede en die raad wil nou die ou hostel afbreek," het konstabel Sam Shibambo.gesê. Inwoners van die ou hostel probeer om die sloping te keer van hulle wonings deur inwoners van die nuwe hostel te intimideer en hulle wonings te vandaliseer.
Shibambo sê die ou hostelinwoners hoop hulle kan die nuwe intrekkers tot só 'n mate intimideer dat hulle uittrek sodat die raad die nuwe hostel sal toemaak.
Inwoners van die ou hostel weier om in die nuwe hostel in te trek omdat hulle voortaan vir dienste sal moet betaal.
"Hulle sal vir water, elektrisiteit en huur moet betaal," het Shibambo gesê. Hy sê meer arrestasies kan verwag word. Die 17 sal Woensdag voor die landdros in Mamelodi verskyn.
