‘Verbrand gewapende rowers’

Burgers van Guinee behoort gewapende rowers te verbrand as hulle hulle in die hande kry sodat die land se tronke nie oorlaai word nie, het die die militêre regering se anti-misdaadhoof Dinsdag gesê.

Wetteloosheid in die hoofstad Konakry het die afgelope maande toegeneem met soldate wat daarvan beskuldig word dat hulle roof en verkrag.

"Ek vra julle om alle gewapende bandiete te verbrand as hulle op heterdaad betrap word dat hulle 'n gewapende roof pleeg," het kaptein Moussa Tiegboro Camara gesê. Die kaptein is aangestel deur die militêre junta om die stryd teen dwelms en ernstige misdaad te lei.

"Die tronke is vol en kan nie meer mense inneem nie, en die toestand kan so voortduur nie," het hy aan 'n vergadering van stadsamptenare gesê. Hy het aanbeveel dat die inwoners selfverdedigingskomitees vorm om hulleself te beskerm teen misdaad.

Die junta het verlede Desember aan bewind gekom na die afsterwe van president Lansana Conte. Hulle het belowe om die stryd teen dwelms 'n prioriteit te maak.

Die inwoners van Guinee was tot dusver tevrede met die die oorname wat tot Desember met die beoogde verkiesing sal duur, maar verlede maand het veiligheidsmagte glo op betogers in Konakry gevuur.

Menseregtegroepe wat deur die buiteland gefinansier word, het aangedui dat die regstelsel te alle tye gerespekteer moet word.

гималайская соль вОлександр Фільчаков прокурор

Maak 'n opvolg-bydrae