Geen wapentransaksiekommissie nie, s? Motlanthe

President Kgalema Motlanthe het hernude oproepe vir die presidensie om 'n kommissie van ondersoek na die wapentransaksie aan te stel,

Image

Kgalema Motlanthe

verwerp.

“Die regering het nog altyd volgehou dat indien enige iemand inligting het wat individue betrek, moet so 'n persoon sulke inligting deurstuur na wetstoepassingsagentskappe,” het sy segsman, Thabo Masebe aan Sapa gesê.

Die president was oortuig daarvan dat 'n kommissie van ondersoek nie 'n geskikte werktuig sou wees om beweerde kriminele aktiwiteite gedurende die wapentransaksie te ondersoek nie.

“Daar is reeds 'n ondersoek aan die gang mna sekere van hierdie aangeleenthede en ons is gerus dat ons wetstoepassinsagentskappe heeltemal in staat is om enige aantygings rakende die wapentransaksie te hanteer,” sê Masebe.

Aartsbiskop Desmond Tutu en die voormalige president, FW de Klerk, het aan Motlanthe geskryf en versoek dat hy 'n onafhanklike kommissie moet saamstel om agter die kap van die byl in die wapentransaksie te kom.

Masebe sê 'n brief sal aan Tutu en De Klerk gestuur word om hulle van Motlanthe se besluit te verwittig. Die brief sal openbaar gemaak word.

Tutu en De Klerk se oproep het steun gekry van godsdiensleiers, akademici, skrywers, aktiviste en politici. 

Lees verder: Geen wapentransaksiekommissie nie, s? Motlanthe

Obama s? werkskepping kan rasseverhoudinge in die VSA bevorder

Die verkose president, Barack Obama, die eerste swarte wat gekies is om in die Withuis te dien, sê in 'n onderhoud dat om nuwe werksgeleenthede

Image

Barack Obama

voort te bring sal help om rasseverhoudinge in die Verenigde State te verbeter.

“Die grootste uitdaging wat ons tans met die verbetering van rasseverhoudinge in die gesig staar, het te make met die wêreldwye sorge van Amerikaners oor die kleurlyne heen,” het Obama in 'n onderhoud met die Chicago Tribune gesê.

“As ons werksgeleenthede dwarsdeur hierdie ekonomie skep, sal swart Amerikaners en Latinos, wat buite proporsie werkloos is, deur die stygende gety meegevoer word.

“Ek dink dit, meer as enige iets anders, gaan rasseverhoudinge verbeter, 'n ingesteldheid van 'n gemeenskaplike doelwit.”

Obama se verkiesing as Amerika se eerste swart president op die 4de November is wyd gesien as 'n geskiedkundige stap daartoe om die land se sloerende rasseverdeeldheid te genees.

Lees verder: Obama s? werkskepping kan rasseverhoudinge in die VSA bevorder

Sekspo-organiseerders verdedig advertensies

Die organiseerders van Sekspo gaan voort om hulle advertensieveldtog te verdedig nadat die Advertensiestandaarde-owerheid geweier het om die banbevel oor promosiestof wat vir die vorige skou gebruik is, op te hef.

“Ons glo ons advertensies was in goeie smaak en beslis, gegewe die aard van die geleentheid, duidelik is oor die kommunikasie daarvan.

Televisie-uitsendings wat goedgekeur is vir alle ouderdomme wys by tye meer seksueelbelaaide inhoud,” sê die organiseerder Silas Howarth in 'n verklaring.

Die Sekspo is in November in Midrand gehou om seksverwante produkte van speelgoed tot onderklere te vertoon, met aktiwiteite wat werkswinkels oor hoe om beter orgasmes te bereik, ingesluit het.

Die vertoonbordadvertensies, waarvan boude die vertoonstuk was met teks wat lees “Groter en Sexyer” is verbied op grond daarvan dat dit die stereotipering van vrouens as seksobjekte versterk en dat dit daartoe kan lei dat kinders dieselfde siening huldig.

Die organiseerders het kapsie gemaak en gesê hulle vertoon 'n vrou in beheer van haar seksualiteit en hulle het betoog dat 48 persent van die mense wat die ekspo bywoon, vrouens is.

Hulle appèl was nie suksesvol nie, met die owerheid wat Dinsdag beslis het dat die veldtog klousules wat verband hou met vrouens en kinders in die Advertensiepraktykskode, oortree.

Howarth was “verbyster” deur die diskriminasie teen Sekspo se kreatiwiteit en sê: “Dit is vreemd dat 'n blinde oog gedraai word na advertensies wat sekere aspekte van geïmpliseerde naaktheid daarstel.”

Die Durbanse skou, geskeduleer vir die 5de tot die 8ste Februarie, sal 'n nuwe veldtog aanhef.

“Terwyl ons nuwe advertensies meer as 'n winkbrou sal lig, het ons seker gemaak dat ons daartoe verbind bly dat dit binne die perke van goeie smaak en verantwoordelike advertering bly,” sê hy.

Lees verder: Sekspo-organiseerders verdedig advertensies

VN wil $17,5m h? vir Zim-choleraprobleem

Die VN se kinderfonds het Dinsdag gesê dat hulle $17,5 miljoen nodig het om die choleraprobleem in Zimbabwe die hoof te bied, te midde van waarskuwings dat nog derduisende mense die siekte kan opdoen. "Zimbabwe sukkel met 'n choleraprobleem van ongekende omvang," het UNICEF in 'n persverklaring gesê. "Gedurende die laaste 8 weke het die

Lees verder: VN wil $17,5m h? vir Zim-choleraprobleem

Opvolg: sogenaamde ‘haatkampe’

Soos die lede van die PRAAG Facebook-groep alreeds verneem het, is die "rassistiese, anti-swart, Afrikaner-terreurkampe" toe eintlik net 'n paar plase waar kinders geleer word om hulself te beskerm en so 'n bietjie disipline te ontwikkel. Die arme bloedjie wat gekerm het dat hy "ontvoer" was, het van sy huis af weggeloop en onder valse

Lees verder: Opvolg: sogenaamde ‘haatkampe’

Twee gedood, een beseer in Kaapse taxi-voorvalle

'n Man en 'n vrou het doodgebrand terwyl 'n ander persoon in die kop geskiet en gewond is in aparte voorvalle waarby minibustaxi's betrokke was in die Weskaap, het polisie Woensdag gesê.

Lees verder: Twee gedood, een beseer in Kaapse taxi-voorvalle

Polisie betoog teen geweld in Johannesburg

Honderde polisebeamptes en staatsaanklaers het begin bymekaarkom by die Johannesburgse sentrale polisiestasie ter ondersteuning van die "16 dae"-veldtog van geen geweld teen vroue en kinders.

Lees verder: Polisie betoog teen geweld in Johannesburg

Komitee stel voor dat gevangenes werk

Image

Gevangenis in ‘n oorval sel

Die parlement se korrektiewedienstekomitee het voorgestel dat tronke terugkeer na die voor-1994-beleid dat gevangenes moet werk.

Lees verder: Komitee stel voor dat gevangenes werk

Sogenaamde ‘haatkamp’

Dit is met 'n luide "haai siestog" wat ek gisteroggend in Beeld lees oor die sogenaamde haatkamp wat dan nou in Limpopo ontdek is. Soos almal seker al gehoor het, "ontvoer die leiers van hierdie 'haatkamp' jong wit kinders en leer hul om swartes te haat". Hulle word ook blykbaar geleer om goeie skuts te wees en boonop leer hulle oorlewingsvaardighede, à la die ou SAW-opleiding.

Lees verder: Sogenaamde ‘haatkamp’

Zimbabwe s? cholera is ‘onder beheer’

Zimbabwe se minister van inligting het Dinsdag benadruk dat die cholera-epidemie onder beheer is en het snerpende kritiek teen die "vuil monde" van buitelandse leiers gehad wat eis dat president Robert Mugabe moet uittree.

Lees verder: Zimbabwe s? cholera is ‘onder beheer’