Geen wapentransaksiekommissie nie, s? Motlanthe

President Kgalema Motlanthe het hernude oproepe vir die presidensie om 'n kommissie van ondersoek na die wapentransaksie aan te stel,

Image

Kgalema Motlanthe

verwerp.

“Die regering het nog altyd volgehou dat indien enige iemand inligting het wat individue betrek, moet so 'n persoon sulke inligting deurstuur na wetstoepassingsagentskappe,” het sy segsman, Thabo Masebe aan Sapa gesê.

Die president was oortuig daarvan dat 'n kommissie van ondersoek nie 'n geskikte werktuig sou wees om beweerde kriminele aktiwiteite gedurende die wapentransaksie te ondersoek nie.

“Daar is reeds 'n ondersoek aan die gang mna sekere van hierdie aangeleenthede en ons is gerus dat ons wetstoepassinsagentskappe heeltemal in staat is om enige aantygings rakende die wapentransaksie te hanteer,” sê Masebe.

Aartsbiskop Desmond Tutu en die voormalige president, FW de Klerk, het aan Motlanthe geskryf en versoek dat hy 'n onafhanklike kommissie moet saamstel om agter die kap van die byl in die wapentransaksie te kom.

Masebe sê 'n brief sal aan Tutu en De Klerk gestuur word om hulle van Motlanthe se besluit te verwittig. Die brief sal openbaar gemaak word.

Tutu en De Klerk se oproep het steun gekry van godsdiensleiers, akademici, skrywers, aktiviste en politici. 

accessories weddingтопкарго развод