Sekspo-organiseerders verdedig advertensies

Die organiseerders van Sekspo gaan voort om hulle advertensieveldtog te verdedig nadat die Advertensiestandaarde-owerheid geweier het om die banbevel oor promosiestof wat vir die vorige skou gebruik is, op te hef.

“Ons glo ons advertensies was in goeie smaak en beslis, gegewe die aard van die geleentheid, duidelik is oor die kommunikasie daarvan.

Televisie-uitsendings wat goedgekeur is vir alle ouderdomme wys by tye meer seksueelbelaaide inhoud,” sê die organiseerder Silas Howarth in 'n verklaring.

Die Sekspo is in November in Midrand gehou om seksverwante produkte van speelgoed tot onderklere te vertoon, met aktiwiteite wat werkswinkels oor hoe om beter orgasmes te bereik, ingesluit het.

Die vertoonbordadvertensies, waarvan boude die vertoonstuk was met teks wat lees “Groter en Sexyer” is verbied op grond daarvan dat dit die stereotipering van vrouens as seksobjekte versterk en dat dit daartoe kan lei dat kinders dieselfde siening huldig.

Die organiseerders het kapsie gemaak en gesê hulle vertoon 'n vrou in beheer van haar seksualiteit en hulle het betoog dat 48 persent van die mense wat die ekspo bywoon, vrouens is.

Hulle appèl was nie suksesvol nie, met die owerheid wat Dinsdag beslis het dat die veldtog klousules wat verband hou met vrouens en kinders in die Advertensiepraktykskode, oortree.

Howarth was “verbyster” deur die diskriminasie teen Sekspo se kreatiwiteit en sê: “Dit is vreemd dat 'n blinde oog gedraai word na advertensies wat sekere aspekte van geïmpliseerde naaktheid daarstel.”

Die Durbanse skou, geskeduleer vir die 5de tot die 8ste Februarie, sal 'n nuwe veldtog aanhef.

“Terwyl ons nuwe advertensies meer as 'n winkbrou sal lig, het ons seker gemaak dat ons daartoe verbind bly dat dit binne die perke van goeie smaak en verantwoordelike advertering bly,” sê hy.

games kazinoалександр лобановский харьков класс