Gedwonge integrasie vir New York-voorstad

Westchester County in New York, 'n voorstad wat hoofsaaklik deur blankes bewoon word, het geswig onder druk om gedwonge rasse-integrasie te begin toepas. Die voorstad se munisipaliteit is deur 'n Anti-diskriminasiesentrum gedagvaar om gesubsidieerde behuising vir swartes en Spaanssprekende kleurlinge te verskaf.

In terme van 'n skikkingsooreenkoms gaan die blanke gemeenskap van Westchester meer as $50 miljoen (ongeveer R400 miljoen) van sy eie geld, asook addisionele fondse, bestee om 750 huise of woonstelle te bou waarvan 630 aan swartes en Spaanssprekende kleurlinge beskikbaar gestel moet word. Die 120 ander wooneenhede sal aan ander kriteria moet voldoen sover dit koste en rassesamestelling betref.

Die woongebied, een van die rykste in die VSA, het sewe jaar om aan die eise vir laekostebehuising te voldoen.

Ron Sims, die Amerikaanse adjunksekretaris vir behuising en stedelike ontwikkeling, sê: "Dit hang saam met die president (Obama) se wens om 'n samelewing te sien wat ten volle geïntegreerd is. Tot nou toe het ons Gods water oor Gods akker laat loop. Hierdie is 'n geskiedkundige gebeurtenis, want ons gaan mense nou begin dwing om iets te doen."

Die hoof van die Anti-diskriminasiesentrum, wat in New York gebaseer is, het sy tevredenheid met die ooreenkoms uitgespreek. Volgens mnr. Craig Gurian, "is woningsapartheid die grondslag vir elke vorm van rasseverskil in Amerika, van opvoeding tot werk tot die lewering van gesondheidsorg".

'n "Federale toesighouer", mnr. James E. Johnson, is aangestel om te sorg dat Westchester County die integrasie-ooreenkoms nakom. Gegewe die feit dat 12 000 hektaar grond in die voorstad aan vereistes vir bouwerk voldoen, sal "die toesighouer geen probleme ondervind om te sorg dat Westchester se beleid om bekostigbare behuising uit die mees blanke buurte te hou, beëindig word nie," het Gurian voorts gesê.

полиграф защитаФильчаков Александр Васильевич

Zuma ontken dat Zoeloe-etnisiteit rol speel

Zuma het Dinsdagaand tydens 'n onderhoud op MetroFM geskerm dat hy bekwaamheid eerder as etnisiteit as 'n maatstaf sien.

Zuma het gereageer op beskuldigings dat hy veral Zoeloes aanstel en ook dat die debat oor minderhede voorkeur geniet bo belangrike ekonomiese kwessies.

“Sodra die land begin argumenteer oor etnisiteit, beweeg ons in ’n gevaarlike rigting,” het hy gesê.

Zuma het benadruk dat “lui” en “arrogante” amptenare nie geduld moet word nie. “Ons staan almal in diens van die mense. Ons kan nie optree asof ons die mense se baas is nie. Die mense het daarom die reg om ontslae te raak van amptenare wat hulle nie meer wil hê nie.”

Oor die kwessie van duur ampsmotors het hy gesê: “Ek is seker ministers neem die kritiek in ag noudat dit openbare kennis is. Ons het nog nie weer gehoor van motors wat gekoop is nie.”

игрыдляtopcargo кидалы

125 000 vuurwapens vir vernietiging ingehandig

Volgens die minister van polisie, mnr. Nathi Mthethwa, is 125 716 wettige vuurwapens vanaf 1 Julie 2004 tot 31 Desember 2008, by polisiestasies ingedien om vernietig te word. Hy het op ‘n skriftelike vraag van mnr. Pieter Groenewald van die Vryheidsfront Plus in die Parlement geantwoord. Volgens die antwoord van die minister het die polisie ook vandat die nuwe vuurwapenwet op 1 Julie 2004 in werking getree het tot 30 Junie 2009, op 104 880 onwettige vuurwapens beslag gelê.

“Dit is duidelik dat, volgens die syfers wat die minister verskaf het, die vuurwapenregistrasieproses in terme van die nuwe wet ernstige probleme ondervind. Uit vorige antwoorde van die minister was daar tot Februarie vanjaar 881 136 aansoeke vir herlisensiëring van vuurwapens. As die 125 716 wat vrywillig ingehandig is bygevoeg word, is dit ‘n totaal van een miljoen (1 006 852) vuurwapens. As in ag geneem word dat daar ongeveer 4 miljoen wettige vuurwapens in Suid-Afrika is, is daar nog 3 miljoen vuurwapens waarvoor aansoek om herregistrasie gedoen moet word. Hierdie syfers toon dat die minister verdere herregistrasie sal moet toelaat. Die Vryheidsfront Plus is reeds in gesprek met die minister hieroor”, sê mnr. Pieter Groenewald (LP), hoofwoordvoerder van polisie vir die Vryheidsfront Plus.

“Die beslaglegging op 104 880 onwettige vuurwapens word verwelkom. As in ag geneem word dat 33 823 hiervan vrywillig ingehandig was in die amnestieperiode van 1 Januarie tot 30 Junie 2005, sal dit die minister loon om weer so 'n amnestieperiode in te stel”, het Groenewald gesê.

медицинская карта форма № 026Фильчаков прокурор

Mona Lisa kry beker in die gesig

Image

Die Mona Lisa deur Leonardo da Vinci

‘n Russiese besoeker aan die Louvre Museum het ‘n leë gebaktekleibeker na die Mona Lisa gegooi.

‘n Woordvoerder van die museum het bevestig dat die Da Vinci-meesterstuk niks in verlede week se aanval oorgekom het nie, alhoewel die beker in stukke gebreek het.

Hy het Dinsdag gesê dat klein krake op die glas wat die portret beskerm begin vorm het, maar dit sal binnekort reggemaak word.

Die portret se veiligheidsalarm het dadelik afgegaan en die polisie het ‘n vrou weggelei terwyl ander bewonderaars voortgegaan het om die pragstuk te bekyk.

Die polisie in Parys het bevestig dat die vrou na ‘n psigiatriese inrigting geneem is, maar wou nie bekend maak wie sy is en wat die rede vir die voorval was nie.

люстрыДанильченко Юрий прокурор

Nog ‘n lugramp

Al 13 mense wat aan boord ‘n passasiersvliegtuig wat Dinsdag in Papoea-Nieu-Guinee vermis geraak het, is dood.

Amptenare van Papoea-Nieu-Guinee het Australië se minister van buitelandse sake, Stephen Smith, ingelig dat geen oorlewendes by die wrak van die vliegtuig gevind is nie.

Die vliegtuig is vroeg Woensdagoggend in die Kokoda-streek van Papoea-Nieu-Guinee gevind, ná dit Dinsdagoggend vermis geraak.

Daar was 11 passasiers en twee bemanningslede aan boord die vliegtuig wat vanaf die hoofstad, Port Moresby, na die afgeleë streek van Kokoda op pad was.

jackpot euroФильчаков Александр Васильевич

Motorbedryf byt in die stof

Volgens die Nasionale vereniging van voertuigvervaardigers in Suid-Afrika (Naamsa), se verslag vir die tweede kwartaal van 2009 wat Dinsdag vrygestel is, is die motorbedryf in ’n krisis.

Nog nooit tevore het plaaslike kwartaallikse verkope van nuwe voertuie op ’n jaargrondslag so swak gevaar nie en “dit onderstreep die krisis waardeur die waardeketting in die gesig gestaar word”, sê die vereniging.

Vervaardiging en indiensneming is op die laagste vlakke danksy swak verkope en 'n daling in uitvoere.

Die bedryf was vol hoop dat die tweede kwartaal 'n opswaai sou toon, maar verkope, vervaardiging en uit- en invoer is met tot 10% afwaarts aangepas.

Plaaslike produksie sal na verwagting vanjaar met sowat 32% val tot 385 000 eenhede en verkope met sowat 27% tot 388 000 eenhede. Uitvoere sal na verwagting met 100 000 eenhede val.

Werkverliese in die eerste helfte van die jaar staan op byna 4 500 mense, in vergelyking met ’n daling van 2 566 verlede jaar. Vir komponentvervaardigersposte het van 81 000 tot 64 000 gedaal.

Die sterk rand knou veral komponentuitvoere.

In die kleinhandelvoertuigbedryf het sowat 250 nuwe handelaarskappe en sowat 400 onafhanklike gebruiktemotor-handelaarskappe hulle deure gesluit. Die enigste ligpunt is die verkope van gebruikte voertuie.

86 справкалобановский политик

Helfte van grond in swart hande nie produktief aangewend s? grondsake

Die departement van landelike ontwikkeling en grondsake sê 49% van die 5,2 miljoen hektaar grond wat aan swartes oorgedra is, word nie produktief aangewend nie. Daarbenewens het die nuwe grondeienaars se ekonomiese omstandighede ook nie noemenswaardig verbeter nie.

Tydens ’n beplanningsessie van die portefeuljekomitee vir landelike ontwikkeling en grondsake verlede week het dit geblyk dat die regering ook nog geen beleid geformuleer het om buitelanders se grondaankope te reguleer nie. 'n Wolk hang steeds oor die gedagte van die gewillige koper en gewillige verkoper.

Tozi Gwanya, direkteur-generaal van die departement, sê die departement wil graag selfstandige landelike gemeenskappe skep. Oor die volgende vyf jaar wil sy departement poog om armoede en werkloosheid met die helfte te verminder met behulp van swart ekonomiese bemagtiging.

Landelike gesondheid en veiligheid moet ook aandag geniet asook die regte van plaaswerkers. Vroulike plaasarbeiders word deur die departement as ’n prioriteitsgroep beskou.

Daar is vyf nuwe kategorieë van begunstigdes, naamlik grondloses, bestaansboere met potensiaal, kommersiële kleinboere, gevestigde kommersiële boere en aspirant kommersiële swart boere.

Die regering beplan ’n omvattende landelike-ontwikkelingsprogram sowel as ’n witskrif oor landelike ontwikkeling. 'n Wetsontwerp op grondgebruik sal later vanjaar voor die parlement dien.

Die regering se doelwit om teen 2014 reeds 30% van die land se landbougrond oor te dra, is waarskynlik nie haalbaar nie omdat die begroting onvoldoende is en die departement sal sy strategie moet heroorweeg.

фальш камин своими руками из гипсокартонаtopcargo

Slikdam naby Vaalrivier onaanvaarbaar

Image

Pieter Groenewald

Die oprigting van ‘n mega-slikdam naby die Vaalrivier, oos van Stilfontein deur Simmer & Jack, is onaanvaarbaar. Die mega-slikdam gaan 1 400 hektaar beslaan en sal ‘n groot bron van besoedeling wees. Eienaars van kleinhoewes sal die slagoffers wees van mynstof omdat die mega-slikdam tussen hulle en die heersende noordwestewinde gebou gaan word.

"Die Vaalrivier kan erg besoedel word en dit hou ‘n gevaar in vir die inwoners van Klerksdorp wie se drinkwater aan die onderloop van die megadam gepomp word. Eienaars en belangegroepe het reeds appèl teen die oprigting van die slikdam aangeteken en ek het reeds vrae aan die minister van omgewingsake en waterwese in die parlement ingedien”, sê mnr. Pieter Groenewald (LP), provinsiale leier van die Vryheidsfront Plus in Noordwes en inwoner van Stilfontein.

 “Die omgewingsimpakstudie is gebrekkig, aangesien die inwoners van die kleinhoewes nie geraadpleeg is nie en geen radiologiese navorsing oor die impak van die megadam gedoen is nie. Dit het ook aan die lig gekom dat die LUR vir omgewing en landbou in Noordwes die aansoek goedgekeur het ten spyte van besware deur amptenare van die departement van landbou. Die adjunkminister van landbou, bosbou en visserye, dr. Pieter Mulder, wat ook leier van die VF Plus is, sal genader word om vas te stel hoekom die departement van landbou se besware geïgnoreer is. Die nuwe mega-slikdam sal 1 400 hektaar vrugbare landbougrond tot niet maak. Vir toekomstige voedselsekerheid moet alle landbougrond sovêr moontlik behou word. Die departement van waterwese het nog nie die aansoek goedgekeur nie. Ek sal in die parlement die minister van waterwese versoek, om in die belang van die gemeenskap die aansoek te verwerp,” het Groenewald gesê.

хороший стоматологтопкарго отзыв

Joodse sameswering in De Telegraaf blootgel

'n Nederlandse joernalis van De Telegraaf, een van Nederland se grootste dagblaaie, het die uitbraak van die voëlgrieppandemie, die virus H5N1, toegeskryf aan 'n internasionele sameswering om die wêreld se bevolking te verminder.

Désirée Röver, 61, het verlede week in 'n onderhoud gesê die sameswering kan teruggevoer word na 'n groep afstammelinge van die Khazare. Dié groep uit die Kaukasus is glo 1 200 jaar gelede tot Judaïsme bekeer.

De Telegraaf haal haar aan waar sy beweer die afstammelinge van die groep aanbid nou 'n ander god, naamlik Lucifer of Satan, "ook bekend as Rockefeller, Rothschild, Brezinski en Kissinger".
 
Ronny Naftaniel, hoof van 'n anti-Semitiese waghondorganisasie Center for Information and Documentation on Israel (CIDI), sê die vrou is nie "te lekker in die kop nie". Dit is die eerste keer dat hy Röver sulke dinge hoor sê.

Hy het aan die Israelse koerant Haaretz gesê stories oor Jode wat siekte versprei, is niks nuut nie en sulke gebare van ant-Semitisme is al duisende jare oud.

CIDI gaan die moontlikheid van 'n klag teen Röver ondersoek. Anti-semitisme is in terme van Nederlandse wetgewing strafbaar.

полиграф купить ценаФильчаков

Obama se eie, duur en eensame oorlog

'n Senior Amerikaanse militêre raadgewer, James Jones, sê indien Barack Obama vir bykomende troepe na Afghanistan gevra word, gaan dit vir 'n "WTF" oomblik sorg. WTF is Pentagon-slêng vir “whisky tango foxtrot” en is die afkorting vir “What the fuck?”

Daar is reeds 21 000 ekstra troepe na Afghanistan ingestem wat die totale teenwoordigheid op 68 000 te staan bring en nog bykomende soldate gaan 'n kopseer vir die president wees omdat hy reeds sukkel met die VSA se fiskale tekort.

Maar dit gaan baie moeilik wees om die versoek vir meer soldate af te keur. Generaal McChrystal, die nuwe bevelvoerder in Afghanistan, gaan waarskynlik vir 10 000 ekstra soldate vra. Daar is selfs gerugte dat hy 20 000 of 30 000 kan versoek.

Hy geniet daarbenewens die ondersteuning van David Petraeus, hoof van die Sentrale Bevel. Militêre kenners is oor die algemeen van mening dat die verhouding tussen die bevolking en die aantal soldate nie hoog genoeg is nie. Teen die huidige tempo sal dit tussen 12 en 14 jaar neem om sukses te behaal.

Maar meer soldate beteken hoër kostes en die dodetal is besig om drasties toe te neem met die "skoonmaak, hou en bou" strategie van die VSA wat uitbeweeg en versprei na kleiner dorpies.

Die groeiende aantal sterftes kan 'n ernstige terugslag vir Obama inhou. Hy hou reeds die oorlog daar voor as een van "noodsaak" teen Al Kaida, terwyl die oorlog in Irak as een van "keuse" voorgestel word en daarom beëindig is.

Na afloop van volgende week se verkiesing in Afghanistan gaan die koalisietroepe, waaronder Brittanje, begin huiswaarts keer en Amerika met die gebakte pere laat omdat die hoogs oneffektiewe Hamid Karzai waarskynlik as leier gaan aanbly.

Dit is lankal nie meer Bush se oordeelfoute waarop Obama kan staatmaak wat Afghanistan betref nie. Dit is nou Obama se eie persoonlike oorlog en dit gaan toenemend sy eensame stryd in die wêreld word soos wat die VSA geïsoleer raak.

001-гс/уФільчаков Олександр Васильович прокурор