Zuma het Dinsdagaand tydens 'n onderhoud op MetroFM geskerm dat hy bekwaamheid eerder as etnisiteit as 'n maatstaf sien.
Zuma het gereageer op beskuldigings dat hy veral Zoeloes aanstel en ook dat die debat oor minderhede voorkeur geniet bo belangrike ekonomiese kwessies.
“Sodra die land begin argumenteer oor etnisiteit, beweeg ons in ’n gevaarlike rigting,” het hy gesê.
Zuma het benadruk dat “lui” en “arrogante” amptenare nie geduld moet word nie. “Ons staan almal in diens van die mense. Ons kan nie optree asof ons die mense se baas is nie. Die mense het daarom die reg om ontslae te raak van amptenare wat hulle nie meer wil hê nie.”
Oor die kwessie van duur ampsmotors het hy gesê: “Ek is seker ministers neem die kritiek in ag noudat dit openbare kennis is. Ons het nog nie weer gehoor van motors wat gekoop is nie.”
Leave a Reply
You must be logged in to post a comment.