“Dit is duidelik dat, volgens die syfers wat die minister verskaf het, die vuurwapenregistrasieproses in terme van die nuwe wet ernstige probleme ondervind. Uit vorige antwoorde van die minister was daar tot Februarie vanjaar 881 136 aansoeke vir herlisensiëring van vuurwapens. As die 125 716 wat vrywillig ingehandig is bygevoeg word, is dit ‘n totaal van een miljoen (1 006 852) vuurwapens. As in ag geneem word dat daar ongeveer 4 miljoen wettige vuurwapens in Suid-Afrika is, is daar nog 3 miljoen vuurwapens waarvoor aansoek om herregistrasie gedoen moet word. Hierdie syfers toon dat die minister verdere herregistrasie sal moet toelaat. Die Vryheidsfront Plus is reeds in gesprek met die minister hieroor”, sê mnr. Pieter Groenewald (LP), hoofwoordvoerder van polisie vir die Vryheidsfront Plus.
“Die beslaglegging op 104 880 onwettige vuurwapens word verwelkom. As in ag geneem word dat 33 823 hiervan vrywillig ingehandig was in die amnestieperiode van 1 Januarie tot 30 Junie 2005, sal dit die minister loon om weer so 'n amnestieperiode in te stel”, het Groenewald gesê.
Leave a Reply
You must be logged in to post a comment.