Nog nooit tevore het plaaslike kwartaallikse verkope van nuwe voertuie op ’n jaargrondslag so swak gevaar nie en “dit onderstreep die krisis waardeur die waardeketting in die gesig gestaar word”, sê die vereniging.
Vervaardiging en indiensneming is op die laagste vlakke danksy swak verkope en 'n daling in uitvoere.
Die bedryf was vol hoop dat die tweede kwartaal 'n opswaai sou toon, maar verkope, vervaardiging en uit- en invoer is met tot 10% afwaarts aangepas.
Plaaslike produksie sal na verwagting vanjaar met sowat 32% val tot 385 000 eenhede en verkope met sowat 27% tot 388 000 eenhede. Uitvoere sal na verwagting met 100 000 eenhede val.
Werkverliese in die eerste helfte van die jaar staan op byna 4 500 mense, in vergelyking met ’n daling van 2 566 verlede jaar. Vir komponentvervaardigersposte het van 81 000 tot 64 000 gedaal.
Die sterk rand knou veral komponentuitvoere.
In die kleinhandelvoertuigbedryf het sowat 250 nuwe handelaarskappe en sowat 400 onafhanklike gebruiktemotor-handelaarskappe hulle deure gesluit. Die enigste ligpunt is die verkope van gebruikte voertuie.
Leave a Reply
You must be logged in to post a comment.