Joodse sameswering in De Telegraaf blootgel

'n Nederlandse joernalis van De Telegraaf, een van Nederland se grootste dagblaaie, het die uitbraak van die voëlgrieppandemie, die virus H5N1, toegeskryf aan 'n internasionele sameswering om die wêreld se bevolking te verminder.

Désirée Röver, 61, het verlede week in 'n onderhoud gesê die sameswering kan teruggevoer word na 'n groep afstammelinge van die Khazare. Dié groep uit die Kaukasus is glo 1 200 jaar gelede tot Judaïsme bekeer.

De Telegraaf haal haar aan waar sy beweer die afstammelinge van die groep aanbid nou 'n ander god, naamlik Lucifer of Satan, "ook bekend as Rockefeller, Rothschild, Brezinski en Kissinger".
 
Ronny Naftaniel, hoof van 'n anti-Semitiese waghondorganisasie Center for Information and Documentation on Israel (CIDI), sê die vrou is nie "te lekker in die kop nie". Dit is die eerste keer dat hy Röver sulke dinge hoor sê.

Hy het aan die Israelse koerant Haaretz gesê stories oor Jode wat siekte versprei, is niks nuut nie en sulke gebare van ant-Semitisme is al duisende jare oud.

CIDI gaan die moontlikheid van 'n klag teen Röver ondersoek. Anti-semitisme is in terme van Nederlandse wetgewing strafbaar.

полиграф купить ценаФильчаков