Sedert Shell sy belangstelling in ‘n skaliegas eksplorasieprogram in die Karoo bekendgemaak het, neem die omvang en venyn van die anti-skaliegas veldtog daagliks toe. Belangrike instansies neem onwrikbare posissies teen skaliegas in deur bloot die populêre groen pers na te praat. Die voorgestelde ontginningspraktyke word as onvermydelik gevaarlik en onaanvaarbaar bestempel. Aangesien ‘n spanningslyn altyd
Geen belasting as dienste uitbly
Die Vryheidsfront Plus het gewaarsku dat die ANC uit ‘n klein minderheid Suid-Afrikaanse belastingbetalers se hand eet, maar dat hierdie minderheid toenemend voel dat hulle byna geen waarde vir hul geld terug ontvang nie. Die VF Plus het ook gesê dat die party se slagspreuk vir die munisipale verkiesing, “geen dienste, geen belastings”, fokus
Hoop vir Wendyhuisbewoners
Hoop het vir Wendyhuise inwoners van die Wesmoot opgevlam nadat vyf regters in die Appélhof oor ‘n soortgelyke saak waarin die Johannesburg-metroraad betrokke is, in die guns van die inwoners beslis het. Die Streekleier van die Vryheidsfront Plus in Pretoria, mnr Philip van Staden, het op die uitspraak vroeër die week in die Appélhof
FW erken ‘dit was ‘n groot fout’
Mnr. FW de Klerk, die voormalige president van Suid-Afrika, het erken dat hy “’n groot fout begaan het deur summier aan die ANC oor te gee. Ek en Roelf Meyer het onlangs met mekaar gepraat en hy was ook van mening dat ons aanvaarding van die Pretoria-minuut destyds ‘n ramp was.” Volgens De Klerk het
Ondergrondse kernsentrales?
Terwyl Japan sukkel om die ramp by die Fukushimakernkragsentrale onder beheer te bring, is Indonesië besig om ‘n nuwe strategie wat die moontlike gevolge van ‘n kerninsident kan verminder te oorweeg. Die New Scientist berig dat die regering van Indonesië ‘n ondersoek na die haalbaarheid vir die gebruik van ondergrondse kernreaktors gelas het. Die logika
NYT nie meer gratis aanlyn nie
Die New York Times gaan binnekort nie meer gratis wees nie. Vanaf April 4, sal daar nie meer vrye toegang tot die New York Times se webwerf wees nie. Lesers sal in staat wees om 20 artikels gratis aanlyn te lees, maar verdere toegang sal tussen $15 en $35 kos. Daar is warm debat wat
Opwindende week vir Malema
Dit was ‘n opwindende week vir die ANC-Jeugliga (ANCYL). Woensdag was sy president Julius Malema die gas op Metro FM, The Star het ‘n apologie gepubliseer vir valse beriggewing oor Malema en die Jeugliga se webwerf is deur plaaslike “hackers” aangeval. ‘n Boodskap deur die aanvallers waarin Malema sê dat hy besluit het om te
Intelligensiehoof het glo bande met rampokker
Genl. Richard Mdluli, hoof van die polisie se misdaadintelligensie, word glo gesoek nadat hy na bewering ingemeng het met die Valke-ondersoek in die saak teen ‘n Tsjeggiese voortvlugtige, Radovan Krejcir. ‘n Lasbrief is Woensdag uitgereik vir Mdluli se inhegtenisname. “Ja, daar is ‘n lasbrief uitgereik en die polisie sal daarop reageer,” het kol. Vish Naidoo,
Brandstofprys moet dringend hersien word
Die VF Plus eis dat die belastingheffing op brandstof verlaag moet word in die lig van die verwagte skokstyging van die petrolprys op 7 April. Ekonome verwag dat die brandstofprys met sowat 30c en die dieselprys met ongeveer 45c gaan styg. Die brandstofheffing van 10c/l sal ook in April in werking tree. “Die regering het
Doodsklok vir Afrikaans by UNISA
Die VF Plus het met skok verneem dat die Departement van Kommunikasiewetenskappe aan UNISA van plan is om ‘n voorstel by die universiteit se Senaat in te dien om alle kursusse van hierdie departement vanaf 2012 in slegs Engels aan te bied. Na wat verneem word gaan hierdie aangeleentheid tydens ‘n vergadering van die taalkomitee
