Terwyl Japan sukkel om die ramp by die Fukushimakernkragsentrale onder beheer te bring, is Indonesië besig om ‘n nuwe strategie wat die moontlike gevolge van ‘n kerninsident kan verminder te oorweeg.
Die New Scientist berig dat die regering van Indonesië ‘n ondersoek na die haalbaarheid vir die gebruik van ondergrondse kernreaktors gelas het.
Die logika is dat indien iets verkeerd gaan, vul die operateurs eenvoudig alle toegangspunte van die aanleg met beton, begrawe die bestraling, en loop weg.
