Die New York Times gaan binnekort nie meer gratis wees nie. Vanaf April 4, sal daar nie meer vrye toegang tot die New York Times se webwerf wees nie.
Lesers sal in staat wees om 20 artikels gratis aanlyn te lees, maar verdere toegang sal tussen $15 en $35 kos.
Daar is warm debat wat woed oor hoe en of die betaalmuur sal werk en mediakenners in die besonder is gretig om te sien of die Times se oplossing om hul dalende inkomste te stuit, aanlynlesers gaan vervreem.
Die papiertiere in Suid-Afrika gaan die kwessie met ‘n arendsoog volg.
