Zille vs. Zuma

Soos ander skrywers het ek ook twee briewe aan Beeld geskryf om my misnoeë met die DA se verkiesingsveldtog uit te spreek. Ek het ook die punt uitgewys dat die DA en ANC eintlik ideologies 'n tweeling is. Beeld het my briewe ook nie geplaas nie.

Ek sien gister dat Beeld darem een brief geplaas het waarin die skrywer se hy het teen sy beterwete vir die DA gestem. Ek dink dis tyd dat Afrikaners óf nie stem nie óf ten minste begin om die VF+ te steun. In die komende 5 jaar het ons genoeg tyd om mense in te lig oor wie en wat Zille en die DA werklik is.

Die buite-parlementêre weg wat die VF+, die mense van Soldariteit, PRAAG en vele ander Afrikanergroepe volg sal na my mening meer vrugte afwerp. Zille se konfrontasiepolitiek kan SA baie maklik in komende verkiesings in 'n Zimbbawe-tipe situasie dompel. Ek twyfel of Zille 'n steek omgee;  sy sal nie deur woedende opgesweepte massas in die hande gekry word nie, maar haar wit ondersteuners sal die spit afbyt.

Dis verblydend dat die Nasionale Belastingsbetalersunie daarin geslaag het om n ooreenkoms met die Departement van Waterwese te onderteken. Volgens hierdie ooreenkoms sal die NBU met die Departement saamwerk om meer as 200 dorpe se riool- en waterstelsels onmiddellik reg te ruk. Hierdie tipe vordering wat gemaak word, word deur die koerante verswyg en bitter min lede van die publiek is bewus van die samewerkingsooreenkoms tussen die NBU en Waterwese.

Die impak van hierdie gebeurtenis is groter as wat baie mense besef omdat die regering n bereidwilligheid verklaar het om nouer saam te werk met kundiges wat lank oorbodig was. Die DA kan natuurlik nie politieke munt uit so n gebeurtenis slaan nie omdat die NBU 'n nie-politieke organisasie is wat munisipale inwoners regoor die land verteenwoordig.

Wat die NBU bereik het, kan na elke ander sfeer in die Suid-Afrikaanse samelewing uitgebrei word. Dit sal ons net kan doen as ons buite die politiek bly en die deur wat Zuma onlangs oopgemaak het sinvol benut.

Ek glo dat indien ons sou begin om ons hulp en insette op n subtiele wyse aan die ANC-regering te bied, ons nog veel in die land kan vermag. Die Britse politieke stelsel werk nie in Afrika nie en het 'n nare manier om politici se neuse in hul foute te vryf. Ons weet almal wat die gevolge daarvan in Afrika is.

Deur met Zuma saam te werk, kan moontlik blankes se enigste opsie wees om in Suid-Afrika te oorleef sonder om hul standaarde drasties te verlaag. Want kom ons wees nou eerlik: die meeste blankes sal eerder na Australië emigreer as om binne Suid-Afrika in 'n volkstaat te gaan bly. Polities sal ons nooit weer die mag in ons hande hê nie, maar maak dit werklik saak as mens op ander maniere dinge kan laat gebeur wat in elk geval vir almal, wit en swart, tot voordeel strek?

динамо центрданильченко юрій броніславович

Maak 'n opvolg-bydrae