Landbou word sleg geraak deur Eskom

AgriSA sê die verhoging wat deur Eskom aangevra is, gaan die landbousektor ongeveer R300 miljoen per jaar kos.

Nersa het aan Eskom 'n gemiddelde verhoging van 13,3% toegestaan teenoor verlede jaar se 14,2%.

Lourie Bosman, die AgriSA-president, sê hy is ernstig bekommerd oor die implikasies vir die boerderysektor.

Hy meen die aankondiging het ernstige finansiële gevolge omdat dit tesame met ander prysverhogings geskied.

Die verhoging in die brandstofprys beteken dat die koste van vervoer asook kunsmis en plaagdoders insgelyks moet styg.

детские кроватки купить киевФильчаков Александр Васильевич

Naspers betaal aflaat van R300 000

Image

Koos Bekker

Koos Bekker, uitvoerende hoof van Naspers, het gesê dat hy "baie jammer" is omdat 'n filiaal van die groep die stembriewe vir Zimbabwe gedruk het.

Volgens Bekker lees drukkerye wêreldwyd nie die materiaal wat hulle druk nie en is die inhoud nie redaksioneel nagegaan nie.

Paarl Media, wat die stembriewe gedruk het, het 'n bedrag van R300 000 aan die Rooikruis geskenk as aflaat vir hul sonde.

Volgens Paarl Web Gauteng is die drukkontrak namens 'n Suid-Afrikaanse klant aanvaar wat nie gesê het vir wie die drukwerk gedoen word nie en die name van Robert Mugabe en Morgan Tsvangirai op die stembriewe het ook geen klokkie laat lui nie.

игры dla devochekФильчаков прокурор харьков

Britse Foreign Office ondersoek Anglo-American

Brittanje se buitelandsesakedepartement, die Foreign Office, verlang inligting van Anglo-American aangaande die maatskappy se planne om 'n platinummyn in Zimbabwe te bou.
Anglo-American het 'n verklaring uitgereik waarin sy planne verdedig word om die Unki-platinummyn teen 'n koste van $400 miljoen te ontwikkel.

Die maatskappy het beklemtoon dat sy teenwoordigheid in Zimbabwe met alle tersaaklike nasionale en internasionale wette ooreenstem.

Die Britse departement van buitelandse sake het enige optrede wat lyk asof dit die bewind direk ondersteun verwerp.

игры длядєвочєкФильчаков прокурор отзывы

Slegte brandstofnuus

Die petrolprys kan volgende week weer styg. Dit kan tot 80c per liter duurder kos en die wurggreep op die ekonomie verhewig.

Die gemiddelde onderverhaling op die prys van petrol was gister 73,5 sent.

Of die dieselprys verhoog gaan word, is nie bekend gemaak nie.

Die adjunkdirekter-generaal van minerale en energie, Nhlanhla Gumede, het tydens ’n mediakonferensie gesê dat die groothandelaars se winsgrens noodgedwonge verhoog moes word.

Die regering wil geld belê in die nodige infrastruktuur om brandstoflewering te kan verseker, veral met die oog op 2010.

free no deposit pokerФильчаков прокурор отзывы

Banke loop onder kritiek deur

Suid-Afrikaanse banke vra van die hoogste fooie ter wêreld. Die groot vier banke word daarvan verdink dat hulle 'n kartel gevorm het om miljarde uit die publiek te pers. Die mededingingskommissie het gister aangekondig dat bankfooie wat deur Suid-Afrikaners betaal word te hoog is en beslis meer as wat hulle behoort te wees in 'n mededingende omgewing.

Die kommissie het die opsomming en aanbevelings vrygestel wat deur die bankondersoekpaneel opgestel is. Dié paneel is met die ondersoek na bankfooie en toegang tot kleinhandelbanksake in Suid-Afrika belas.

In 2006 het die groot vier banke R34,5 miljard in fooie van kleinhandelkliënte verhaal, wat een derde van hul inkomste verteenwoordig het.

free casinoлобановский харьков

Afrika se elektrisiteitsprobleme te wyte aan swak bestuur

'n Konferensie in Nairobi, Kenia, het gister gehoor dat Afrika se elektrisiteitsvoorsieningsprobleme nie die gevolg is van te min kapitaal nie, maar van swak regering en onbekwame bestuur.

Volgens die hoof van die Unie van produsente, vervoerders en verspreiders van elektriese krag in Afrika, Eddie Njoroge, het die aanbod van elektrisiteit op die vasteland agteruitgegaan ondanks geweldige natuurlike hulpbronne wat geredelik in Afrika se behoeftes kon voorsien.

Volgens president Mwai Kibaki van Kenia, geniet slegs 10% van die bevolking in die meeste Afrikalande toegang tot elektrisiteit. In landelike gebiede is dit so laag as 4%.

Suid-Afrika is een van die lande wat ernstige verskaffingsprobleme in die gesig staar wat ontwrigtende kragonderbrekings veroorsaak.

Een van die grootste probleme in Afrika is dat posisies in elektrisiteitsmaatskappye gewoonlik politieke baantjies vir boeties verteenwoordig pleks dat hulle deur bekwame bestuurders gevul word.

arabian knights gameданильченко юрій Харків

Ru-olie spring n? aanvalgerug

Ru-olie het vir 'n derde agtereenvolgende dag gestyg gister tot meer as $138 per vat weens 'n gerug oor 'n aanval op Iran se kerninstallasie.

Die New York Times het berig dat Israel 'n militêre oefening uitgevoer het ter voorbereiding van 'n bombardement op Iran.
'n Senior Iranese kernbeampte het gesê dat geen aanval op Iran se kerninstallasies plaasgevind het nie.
Brent-ru-olie in Londen het met $1,23 tot $137,14 per vat gestyg.
Spanning oor Iran se kernprogram het tot dusver 'n aansienlike rol gespeel om die prys tot rekordvlakke van om en by $140 op te jaag.

casino free betАлександр Фильчаков

Alan Greenspan bekommerd oor SA ekonomie

Beleggers is bekommerd oor Suid-Afrika, het die Amerikaanse ekonoom en vorige voorsitter van die Federale Reserwebank Alan Greenspaan gister

Image

Alan Greenspan

aan 'n konferensie in Sandton gesê.

Hy het 'n intydse toespraak via satelliet van New York af gelewer.

Sowel die land se kragprobleme as aanstaande jaar se verkiesing bied rede tot kommer, het hy gesê.

Hy het bygevoeg dat die Suid-Afrikaanse Reserwebank geen keuse het anders as om rentekoerse te verhoog nie, selfs al kom die druk van buitefaktore soos olie en voedsel. Die hoë pryse is nietemin 'n werklikheid.

poker machines freeФильчаков прокурор харькова

Olieprys styg steeds

ImageDie olieprys het weer gestyg in weerwil van pogings deur olieproduserende lande om 'n manier te vind om dit hok te slaan.

Die wêreld se grootste produsent, Saoedi-Arabië het vroeër planne aangekondig om produksie te verhoog. Dit sal 'n algehele verhoging van vyfhonderdduisend vate per dag sedert Mei tot gevolg hê.

Die nuus het egter geen demper op stygende oliepryse geplaas nie.

Londense Brent-ruolie se prys het gister tot $136,24 per vat gestyg.

Die prys van olie het sedert die begin van die jaar met veertig persent toegeneem. школьные рубашки для девочекалександр лобановский супермаркет класс

Saoedi-koning blameer spekulante

Koning Abdoella van Saoedi-Arabië het spekulante aangeval by die olieprysberaade wat oor die naweek in Jedda gehou is en 'n beroep op groter

Image

Koning Abdoella

deursigtigheid in die markte gedoen.

Die koning het verder belowe om produksie te verhoog om markspanninge te ontlont.

Hy het hom ook teen verhoogde oliekonsumpsie en belastings op brandstof uitgelaat.

Die Verenigde State en ander Westerse lande het produksietekorte geblameer terwyl Saoedi-Arabië en OPUL-lede gesê het dat spekulante 'n sleutelrol speel.

OPUL was egter verdeeld daaroor of hulle die Saoedi-voorstel vir verhoogde produksie moet steun, aldan nie.

Die finale communiqué deur leiers en ministers van die 36 nasies het gevra vir strenger beheer oor oliemarkte en verhoogde beleggings in raffineerkapasiteit.

баня подФильчаков прокурор харькова

Mynwinsgrense is besig om te krimp

Daar was verlede jaar 'n dramatiese afname in die winsgrense van mynmaatskappye vanweë kostestygings.

Volgens 'n verslag wat deur PricewaterhouseCoopers vrygestel is, het die inkomste van die topveertigmynmaatskappye met 32% in 2007 gegroei, maar kostes het met 38% toegeneem.

Die verslag toon ook dat mynbou in ontluikende ekonomieë verlede jaar gesukkel het om met die vraag tred te hou.

Vaardigheidstekorte asook die hoër lewenskoste in myndorpe verteenwoordig verwante faktore.

Die totale opbrens aan aandeelhouers vir die top-40 was gemiddeld 119% in 2007, teenoor 55% in 2006.

Vir die eerste keer in vyf jaar is die kontantvloei vanuit die bedryf aangevul deur finansiering van buite om die toename in beleggings te dek.

мультимарочные сканерыФильчаков прокурор харькова

Prys van ru-olie effens laer na nuwe rekord

Die prys van ru-olie het vanmore in die Verre Ooste effens laer gesak na die grootste styging ooit. Vrydagaand in New York het dit met 'n ongehoorde elf dollar per vat gestyg en die rekordprys van $139,12 behaal.

'n Swak dollar en kommentaar deur 'n Israeli minister oor 'n moontlike aanval op Iran, die wêreld se vierde grootste olieprodusent, het die koopkoors laat posvat.

Volgens die Amerikaanse beleggingsbank Morgan Stanley, kan ru-olie binne die volgende maand tot $150 per vat styg. Sedert die begin van die jaar die prys reeds met veertig persent toegeneem.

mystery at theДанильченко Харьков

Duurste Suid-Afrikaanse eiendom nog in Kaapstad verkoop

Die eiendomsmagnaat Sol Kerzner het so pas 'n dakwoonstel in Kaapstad aan 'n Londense sakeman vir R110 miljoen verkoop.

Volgens mnr. Ian Slot van die eiendomsmaatskappy Seeff, is dit beslis die hoogste prys wat nog ooit vir 'n Suid-Afrikaanse eiendom betaal is en beslis die hoogste vir 'n woonstel.

Die vorige rekord vir 'n dakwoonstel by die Waterfront in Kaapstad was R30 miljoen en die vorige rekord vir 'n huis was R106 miljoen vir die Goede Hoop historiese landgoed in Noordhoek, ook in die Kaap.

Die identiteit van die koper sal egter geheim bly.

электрическая печь для сауны своими рукамипрокурор Фильчаков

Lonrho ontdek buitengewone diamant van 18,39 karaat

ImageDie konglomeraatmaatskappy Lonrho het aangekondig dat dit 'n buitengewone diamant van 18.39 karaat by sy Schmidtsdriftmyn in Suid-Afrika ontdek het.

Net die vorige dag is 'n ander diamant van 9,9 karaat by dieselfde myn ontdek.

Verlede maand het Lonrho 'n diamant van 61,30 karaat ontdek wat net soos die 18-karaatdiamant 'n buitengewone geel perfekte oktahedron is wat waarskynlik 'n hoë prys sal behaal.

Die 61,3-karaatdiamant is onlangs as 'n pakket saam met ander diamante vir meer as een miljoen Amerikaanse dollar verkoop.

зарядное устройстволобановский александр интервью