Japanse aandelebeurs sluit ergste jaar ooit af

Japannese aandeelpryse het Dinsdag gesluit teen 42,12% laer as in 2007, wat dit die ergste jaarlike persentasiedaling ooit gemaak het om die Nikkei-indeks te tref terwyl die globale ekonomiese krisis gewoed het.

Ontleders voorspel dat die markte steeds meer probleme in die nuwe jaar kan ervaar terwyl die wêreld steier onder die ergste finansiële krisis sedert die Groot Depressie.

Die Nikkei het geëindig op 8,859.56 punte toe dit die jaar met 'n halfdagsessie afgesluit het. Die Japannese aandelemarkte heropen op 5 Januarie.

Vanjaar se dalingwas die ergste in persentasie uitgedruk sedert die indeks begin is in 1949.

"Dit was 'n jaar wat ons ons nooit kon voorstel nie," het Kazyhiro Takahashi, 'n ontleder by Daiwa-sekuriteite SMBC gesê.

пескоструйный аппаратtopcargo отзывы

Europe?rs meen euro gaan dollar binne 5 jaar verbysteek

Image

Euronote

Die meeste Europeërs  voel dat die euro die dollar in globale belangrikheid binne die volgende 5 jaar kan verbysteek, volgens 'n opname deur die Financial Times en Harris-navorsingsdienste, dae voor die enkelgeldeenheid se tiende verjaarsdag.

Die ondersoek het ook getoon dat Eurosone-inwoners verdere uitbreiding ondersteun, maar pessimisties is omtrent die ekonomie en voel dat die Europese Sentrale Bank (ESB) nie genoeg gedoen het om inflasie in die Eurosone te beheer nie.

Die Eurosone sal 16 lede en rofweg 330 miljoen inwoners hê wanneer Slowakye Donderdag ook aansluit.

Sedert die loodsing op 1 Januarie 1999, het die Euro se posisie as buitelandse reserwegeldeenheid van 18% toegeneem tot 27% en die waarde van euro's in omloop is meer as dié van dollars.

Die FT/Harris-ondersoek het nie 'n groottotaalsyfer gegee nie, maar die ondersoek toon dat omtrent 70% van Spanjaarde en twee derdes van Franse sterk saamstem of redelik sterk saamstem met die stelling dat die euro die dollar kan verbysteek in globale belang. In Duitsland was die syfer 58% en in Italië 62%.

Ongeveer 48% van Amerikaanse inwoners wat gevra is, het ook met die stelling saamgestem.

Europeërs was pessimisties omtrent die ekonomiese vooruitsig, en 'n groter meerderheid het gesê die ESB se optrede in die bestryding van inflasie was "sleg" en "verskriklik".

Dit was die geval, al het die bank oor die algemeen daarin geslaag om te voorkom dat inflasie ver bo die teiken van 2% geklim het.

Sommige pryse het skerp gestyg met die formele bekendstelling van die euronote en -munte sewe jaar terug, drie jaar nadat die geldeenheid geloods is as 'n virtuele eenheid wat gebruik word in boekhouding en finansiële transaksies.

'n Kwart van diegene wat ondervra is, het gevoel dat die resessie 'n jaar of minder sal duur, terwyl die Britte verwag dat dit twee jaar kan duur. Een derde van Duitsers het gesê Europa se grootste ekonomie sal nie omkeer en groei toon binne die nabye toekoms nie.

www euro comФільчаков Олександр Васильович

Juweliers kry swaar vanwe? resessie

Image

Diamantring

"Te huur"-tekens verskyn al hoe meer in inkopiesentrums. En met sentrum-eienaars wat waarsku dat ten minste die helfte van die winkels in groot sentrums soos Menlyn wat agterstallig is met huur en 'n stadige kersinkopeseisoen kan sommige winkels vroeg in 2009 toemaak.

Ian Furman van Jewellery Replacement Consultants wat op die lys van groot versekeringsmaatskappye is, maar ook teen groot afslag verkoop aan kliënte by sy Rivonia-werkswinkels, het gesê "baie winkeleienaars sal in Januarie hulle deure moet sluit. Die rentekoersverlaging nou en dié wat in Februarie beloof is, is te laat om baie in die bedryf te red."

Hy het gesê dat hy gehalteitems kan verkoop teen laer pryse omdat hy nie hoë sentrumhuur hoef te betaal nie. "My kontantverkope is hoër in terme van volume, maar die gemiddelde bedrag wat bestee word, is laer. Verlede jaar het mense gemiddeld R15 000 tot R20 000 bestee aan juweliersgeskenke, maar vanjaar spandeer hulle tussen R5 000 en R10 000."

Verlede jaar het hulle groter stene gekoop en vanjaar is die stene kleiner.

"Mense wat verlede jaar dié tyd verloof geraak het, het 1-karaatwitdiamante gekoop, terwyl mense vanjaar halfkaraatstene koop."

Die verskil in prys is drasties: 'n goeie 1-karaatwitdiamant van Jewellery Replacement Consultants kos sowat R36 000 terwyl 'n halfkaraatsteen net R8 000 kos.

In terme van die manier waarop diamante se pryse bepaal word, styg die prys gemeet in breuke van 'n karaat.     

настольные игры для детейФильчаков прокуратура харьков

Japannese invoere daal skerp weens swak vraag

Japannese uitvoere het met 'n rekord-26,7% gedaal in November, het die ministerie van finansies gesê en ook die daling in  die globale vraag na voertuie, elektroniese onderdele en ander Japannese produkte beklemtoon.

Ekonome waarsku dat uitvoere, wat 'n groot deel van die wêreld se tweede grootste ekonomie verteenwoordig, verder sal daal met geen uitkoms in sig vir die globale ekonomie nie. Selfs uitvoere na die res van Asië het skerp gedaal.

"Die aanvraag het baie afgekoel, nie net in Amerika en Europa nie, maar ook in Rusland en die Midde-Ooste, en ons verwag verdere dalings in uitvoere soos wat die globale ekonomie verder verswak," het Hideki Matsamura, 'n senior ekonoom by die Japannese navorsingsinstituut in Tokio gesê.

Getref deur dalende verkope en 'n versterking in die jen, het groot uitvoerders soos Toyota Motor Corp. en Sony Corp. reeds verliese aan poste aangekondig, asook laer winsprojeksies.

Uitvoerders het hulle grootste jaar-tot-jaardaling aangekondig sedert die statistiekstelsel in 1980 in werking getree het.

Uitvoere se totaal was $60 miljard gewees, terwyl invoere met 14,4% gedaal het van 'n jaar tevore tot $62 miljard, het die ministerie gesê.

Dit het 'n handelstekort van $2,5 miljard teweeggebring. Dis die vierde keer vanjaar dat Japan gesê het dat hulle invoere die uitvoere oortref.

Jare lank het Japan kritiek gekry van sy handelsvennote oor sy handelsoorskotte. Maar nou het die globale ekonomiese insinking Japan in 'n netto invoerder verander, ten minste in die onlangse maande.

полиграф купить ценаАлександр Фильчаков Васильевич

Toyota-motors gaan verlies aanteken

ImageToyota se voertuigvervaardigingsafdeling gaan vir die eerste keer ooit 'n verlies aanteken in die finansiële jaar in Maart 2009, het Japannese media berig, en die kritieke toestande wat motorvervaardigers wêreldwyd in die gesig staar  beklemtoon.

Die Nikkei, Japan se belangrikste daaglike sakekoerant, het gesê Toyota se bedryfsuitslag gaan 'n verlies wees teen die einde van die finansiële jaar wat 31 Maart 2009 eindig. Dit het nie bronne genoem nie. Kyodo-nuus het 'n soortgelyke berig gehad.

Die berigte het beweer dat die Toyotagroep van maatskappye, insluitend Daihatsu Motor Co. wat klein motors maak en vragmotorvervaardiger Hino Motors, wel daarin sal slaag om winste te toon in die finansiële jaar tot Maart 2009.

Toyota het geweier om kommentaar te lewer op die berigte.

Toyota Motor Corp, wat die gewilde Camry-sedan en die Prius petrol-elektriese hibriede motors maak, het nog nooit 'n verlies aangemeld sedert dit begin het om bedryfswinste in1941 bekend te maak nie.

Japannese voertuigvervaardigers, wat tot onlangs toe die probleme van hulle Amerikaanse kompetisie vrygespring het, word nou deur die daling in motorhandel in Amerikaanse en ander markte benadeel.

Die styging in die jen, wat oorsese verdienste verminder het, het ook hulle winste verminder. Die dollar het gedaal tot op die laagste vlak in 13 jaar, tot minder as 90 jen.

Ontleders het gesê dat berekeninge toon dat verliese vir Toyota alleen onvermydelik is, as mens kyk na hoe sterk die jen is en die daling in motorhandel.    

bover светильникиФільчаков Олександр Васильович прокурор

Bank van Japan verminder rentekoers na 0,1 persent

Die Bank van Japan het Vrydag gesê dat hy sy rentekoers gaan verminder van 0,3% na 0,1%, in 'n handeling wat aansluit by die globale rentekoersverlagings wat daarop gemik is om ekonomiese probleme hok te slaan.

Japan het reeds voorheen rentekoerse van nul persent gehad, wat in Maart 2001 deur die BOJ ingestel is.

турецкий хамамлобановский александр игоревич класс

Madoff omring deur horde kameramanne n? hofverskyning

Image

Bernard Madoff

Toe Bernard Madoff huis toe gegaan het na sy woonstel in Manhattan, was dit vir hom onmoontlik om nie die skade raak te sien wat hy veroorsaak het met sy beweerde $50-miljardbeleggingsbedrog nie.

Kameras het hom ingewag buite die hof toe hy na sy voertuig toe geloop het. Minute later is 'n smalende Madoff weer omring deur nog kameras toe hy in die woonstelgebou ingeloop het, en op een stadium het dit in 'n skrum ontaard met 'n stampery tussen Madoff en 'n joernalis.

Hy is daarna met 'n elektroniese moniteringsarmband toegerus en onder huisarres geplaas in sy $7-miljoenwoonstel.

Madoff se chaotiese rit huis toe het gekom nadat die skandaal van New York na Washington versprei het, met die Sekuriteite en Beurskommissie (SBK) wat meer kritiek moet verduur en die Kongres wat ook by die saak betrokke raak.

Die voorsitter van die Huis se kapitaalmarktesubkomitee, verteenwoordiger Paul Kanjorski, 'n demokraat van Pennsilwanië, het aangekondig dat 'n raad van ondersoek vroeg volgende maand gaan begin kyk na die grootste piramideskema ooit en hoekom die regering dit nie raakgesien het nie. Daar gaan ook gekyk word na die verhouding tussen Madoff se niggie en 'n voormalige SBK-prokureur wat Madoff se besigheid bekyk het.

Madoff het sy verskyning in die hof gemaak om voorwaardes vir sy borgtogpakket te onderhandel. Die regter het van hom verwag om twee bykomende mense te kry om saam met hom, Madoff, te teken, maar klaarblyklik was daar niemand wat saam met hom in die lig van die skandaal gesien wou word nie.

Regter Gabriel W. Gorenstein het gereageer deur 'n verandering aan die borgvereistes goed te keur. Uiteindelik moes Madoff by die hof verskyn om eienaarskap van sy boonste Oostekantwoonstel oor te teken, en sy huise in Florida en die Hamptons in New York.   

система брекетовалександр лобановский харьков класс

Duitse sakevertroue gaan verder daal

Duitse sakevertroue lyk of dit Desember weer gaan val vir die sewende maand agtereevolgens, volgens die voorspellings van 'n ondersoek wat Donderdag vrygestel gaan word. Dit stem ooreen met tekens dat die afneem van die grootste ekonomie in Europa begin om momentum te kry.

Met die globale ekonomiese duisternis wat Duitsland se uitvoere bedreig, voorspel ontleders dat die Ifo-sakevertroueindeks wat goed dopgehou word, sal daal tot op 84 punte.

Die voorspelling van die daling in Desember kom nadat die indeks deur Ifo, wat in Munich gestasioneer is, meer gedaal het in Desember tot op 85,5 punte vanaf 90,2 punte in Oktober.

Die Desember-Ifo-ondersoek, wat gebaseer is op inligting vanaf 7 000 Duitse uitvoerende beamptes, val saam met die publikasie van 'n groot klomp aanduiders en data wat die donker ekonomiese vooruitsig wat oor Europa hang, ondersteun.

Die eindresultaat is dat die verdere daling in die Ifo-indeks die maand verdere druk kan plaas op die Europese sentrale bank om voort te gaan met die vermindering van rentekoerse tot in die nuwe jaar.

ротор купитьАлександр Фильчаков прокурор

Olieprys daal tot onder 40 dollar ondanks OPUL-vermindering

ImageRuolie het Donderdag onder die $40 per vat verhandel, die laagste vlak in meer as vier jaar, ten spyte van OPUL se bekendmaking van 'n rekordvermindering in produksie.

New York se  kontrak vir ligte ruolie in Januarie was 15 sent laer teen $30,91 per vat, effens hoër as die laagtepunt van $39,19.

Die kontrak het Woensdag gesluit op $40,06 per vat by die New York Merchantile Exchange, 'n verlaging van $3,54.

Brent ruolielewering vir Februarie het met 17 sent gestyg tot $45,70 per vat, effens hoër as die $45,35-laagtepunt, nadat dit met $1,12 gedaal het om Woensdag op $45,53 in Londen te sluit.

Die OPUL-groep, wat omtrent 40% van die wêreld se ru-olie produseer, het Woensdag 'n rekordverlaging van 2,2 miljoen vate aangekondig. Dit verteenwoordig omtrent 7% van hulle huidige produksiekwota.

Ministers van die kartel, wat in Oran, Algerië ontmoet het, het ingestem tot die vermindering van produksie om oliepryse te probeer onderskraag. Die pryse het gedaal van die rekordhoogtepunt van meer as $147 in Julie vanweë 'n verlaging in die vraag wat teweeggebring is deur die verlangsamende globale ekonomie.

Dit was die derde keer in drie maande wat OPUL produksie verlaag het en die grootste verlaging sedert die kartel produksiekwotas in 1982 ingestel het.

оборудование для заправки кондиционеровЛобановский

Inflasie daal verder, maar nie genoeg

Verbruikersinflasie het vir die derde agtereenvolgende maand effens gedaal, het Statistiek SA Woensdag gesê.

Volgend die Pretoriagebaseerde agentskap, het die VPIX (wat hooflyninflasie insluit maar huisverbande uitsluit) gedaal tot 12,1% op 'n jaar tot jaar grondslag vanaf 12,4% die vorige maand.

Dit was egter nie soos wat ekonome voorspel het nie.

"Ons het 11,9% verwag," het die Efficient Groep se Dawie Roodt gesê.

"Dit bevestig my vermoede dat die reserwebank verlede week 'n fout gemaak het deur die rentekoerse te verlaag. Almal het gesê dat ek 'n pretbederwer is, maar ek was reg," het hy gesê.

Statistiek SA het gesê dat die alle-itemsverbruikersprysindeks of VPI jaarliks gestyg het tot 11,8% teenoor 12,1% in Oktober.

Op 'n maandelikse basis het dieVCPIX op 0,2% gestaan in November terwyl die hooflyn VPI op 0,1% was.  

центробежные насосы для воды промышленныеtopcargo развод

MTN se swart hoof kan R300-miljoen maak

ImageDie swart hoofbestuurder van die MTN-groep, Phuthuma Nhleko, kan dalk R300-miljoen maak uit die groep se oorname van 'n struktuur wat opgerig is om swart eienaarskap van die maatskappy te bevorder.

MTN is van voorneme om die struktuur – bekend as Newshelf – oor te neem en het Maandag aangekondig dat hulle aandele regstreeks aan swart Suid-Afrikaners in 2009 gaan verkoop.

Newshelf besit 13,3 persent aandele in MTN namens sleuteldirekteure en swart personeel. Die markwaarde van die Newshelf-aandeel, wat ses jaar gelede gekoop is, is R24-miljard maar dit het skuld van omtrent R21,8-miljard gehad.

In die ontbondeling sal MTN 'n 6-persentaandeel  – wat anders gestel 'n gelykheidseienaarskap van tot 25 persent in MTN  Suid-Afrika uitmaak – aan swart lede van die SA publiek en ook swart personeel verkoop.

Die selfoonoperateur sê egter die grootte van die openbare aanbod kan verander "na gelang van markomstandighede en die omvang van herinvestering in die nuwe breëbasisstruktuur deur die Newshelf-begunstigdes."

Die groep sal 'n spesiale dividend van R3,1-miljard aan die 3,200 begunstigdes van Newshelf uitbetaal.

Rajay Ambekar, 'n portefeuljebestuurder by Cadiz American Harvest, sê hy reken elke begunstigde sal omtrent R1-miljoen ontvang.

"Nhleko sal egter met omtrent R300-miljoen wegstap omdat hy 8 persent van Newshelf besit."

Sifiso Dabenwa en Rob Nisbet, MTN se hoofoperasiebestuurder en hooffinansiesbestuurder onderskeidelik, kan elkeen R180-miljoen in hulle sakke steek.

шнековая буровая установкаалександр лобановский харьков

Verskansingsfondse verloor miljarde in Madoff-skandaal

Eers het verskansingsfondse miljarde dollars verloor in hulle mislukte weddenskappe met Bernard Madoff. Nou kan hulle weer geraak word deur beleggers wat hofsake aanhangig maak om hulle groot verliese te probeer terugwen.

Dié uitgebreide bedrog deur die eens befaamde belegger Madoff het ernstige vrae laat ontstaan oor die rol van verskansingsfondse in die bedrogspul sedert fondsbestuurders miljarde dollars oorhandig het aan Madoff sonder om hom eers behoorlik te ondersoek.

Dit ondermyn die beloftes van verskansingsfondse aangaande hulle vaardigheid en betroubaarheid, en die eindresultaat kan 'n bloedbad afgee in die industrie indien beleggers groot wen in hofsake of heeltemal sou ophou om verskansingsfondse te benut, het kenners gesê.

"Hulle is kwaad, verward en soek vergelding," het Stephen A. Weiss van die regsfirma Seeger Weiss, wat kliënte verteenwoordig wat dink daaraan om regstappe te neem teen verskeie fondse, asook die fondse van Madoff.

Een van die eerste regsaksies het laat Dinsdag ingekom toe die New York Regskool Ascot Partners LP gedagvaar het. Ascot Partners LP is 'n beleggingsvennootskap wat bestuur word deur die voorsitter van GMAC Financial Services, J. Ezra Merkin. Die skool het gesê hulle het $3 miljoen belê by Ascot in 2006 en dit is nou niks werd nie, vanweë die verkeerde handeling van die verdedigende party.

Dit het 'n voorsmaak gegee van wat verskansingsfondse in die gesig kan staar indien die gevolge van die Madoff-geval wyer kan uitkring.

Dis 'n baie groot verandering sedert die onlangse verlede toe ryk kliënte en organisasies se pensioenfondse gestroom het om sulke beleggings te maak. Sulke beleggers het gekyk na verskansingsfondse om hulle portefeulje te verbreed, en hulle kon bekostig om die minimum beleggingsbedrae te betaal wat deur die fondse gevra is. Die bedrae het gewoonlik meer as $250 000 beloop.

Madoff het na bewering 'n Ponzi-, of piramideskema bedryf . Dit is 'n bedrieglike beleggingsmetode wat hoër rentekoerse as die mark belowe aan beleggers. In die skema word die geld wat deur nuwe beleggers betaal word gebruik om oënskynlike hoë rentes aan beleggers in die vroeër stadium te betaal. Die skema val plat wanneer die vereisde betalings meer is as die nuwe beleggings.

игры ла ла лупсилобановский александр дети

Anglo besnoei uitgawes

Anglo American, een van die wêreld se grootste myngroepe, het sy kapitaaluitgawes vir 2009 met vyftig persent na R45-miljard verminder.

Die groep sê hulle het 'n "wydreikende oorsig oor die kapitaaluitgaweprogram" geneem in 'n tyd wat die mynbedryf "'n ongekende tydperk van vinnige dalings in kommoditeitspryse weens wêreldwye ekonomiese onsekerheid beleef."

Sulke omstandighede bied geheel en al 'n ander korttermynvooruitsig en dit is noodsaaklik dat die groep hulle beleggingsplanne aanpas, sê Anglo American.

"Kapitaaluitgawes vir 2009 is ingeperk op $4,5-miljard, 'n terugsnoeiing van omtrent 50 persent, insluitende $1,3-miljard vir bly-in-besigheidkapitaaluitgawes, 'n laer vlak as die geprojekteerde bedrag vir 2008," sê die maatskappy. "Die substansiële veranderings aan die kapitaaluitgawes sal hoofsaaklik bereik word deur baie van die groep se ontwikkelingsprojekte te herskeduleer."

строительство водозаборных скважинФильчаков прокурор харьков