praag.co.za

Olieprys daal tot onder 40 dollar ondanks OPUL-vermindering

Written by

in

ImageRuolie het Donderdag onder die $40 per vat verhandel, die laagste vlak in meer as vier jaar, ten spyte van OPUL se bekendmaking van 'n rekordvermindering in produksie.

New York se  kontrak vir ligte ruolie in Januarie was 15 sent laer teen $30,91 per vat, effens hoër as die laagtepunt van $39,19.

Die kontrak het Woensdag gesluit op $40,06 per vat by die New York Merchantile Exchange, 'n verlaging van $3,54.

Brent ruolielewering vir Februarie het met 17 sent gestyg tot $45,70 per vat, effens hoër as die $45,35-laagtepunt, nadat dit met $1,12 gedaal het om Woensdag op $45,53 in Londen te sluit.

Die OPUL-groep, wat omtrent 40% van die wêreld se ru-olie produseer, het Woensdag 'n rekordverlaging van 2,2 miljoen vate aangekondig. Dit verteenwoordig omtrent 7% van hulle huidige produksiekwota.

Ministers van die kartel, wat in Oran, Algerië ontmoet het, het ingestem tot die vermindering van produksie om oliepryse te probeer onderskraag. Die pryse het gedaal van die rekordhoogtepunt van meer as $147 in Julie vanweë 'n verlaging in die vraag wat teweeggebring is deur die verlangsamende globale ekonomie.

Dit was die derde keer in drie maande wat OPUL produksie verlaag het en die grootste verlaging sedert die kartel produksiekwotas in 1982 ingestel het.

оборудование для заправки кондиционеровЛобановский

Comments

Leave a Reply