Sri Lanka s? Tamiltiere-stellings is verower

Image

Tamiltier met wapen

Soldate van Sri Lanka het verdedigingstellings van die Tamiltiere naby die rebelle se politieke hoofkwartier verower ná hewige gevegte, het die regering Donderdag gesê.

Soldate was besig met teen-terrorismeoperasies langs die noordelike en noordwestelike verdedigingslinies van Kilinochchi, die politieke hoofstad van die Bevrydingstiere van Tamil Eelam (BTTE), het die ministerie van verdediging gesê.

Die weermag het Woensdag ten minste 10 bomaanvalle teen die Tamiltiere se posisies gedoen toe voetsoldate erge teenstand van die rebelle ontvang het.

Die BTTE het gesê dat hulle die veelvoudige aanvalle Dinsdag en Woensdag deur die regeringstroepe weerstaan het, en 170 soldate gedood het en 420 gewond het.

Die weermag het die bewerings verwerp en gesê dat hulle net 25 soldate verloor het.

President Mahinda Rajapaksa se regering het die val van Kilinochchi al maande lank voorspel en die weermag het onlangs gesê hulle is binne "soenafstand" van die stad.

Kwaai teenstand van die rebelle en swaar monsoenreën het die weermagoffensief vertraag.

In Januarie het die regering van Sri Lanka onttrek uit 'n vredesooreenkoms wat deur Noorweë saamgestel is.

Die rebelle is al aan die veg sedert 1972 vir 'n staat vir die etniese minderheidsgroep, die Tamils, apart van die groot Sinhalese bevolkingsgroep.

самые красивые камины фотоДанильченко Харьков

Maak 'n opvolg-bydrae