Toyota-motors gaan verlies aanteken

ImageToyota se voertuigvervaardigingsafdeling gaan vir die eerste keer ooit 'n verlies aanteken in die finansiële jaar in Maart 2009, het Japannese media berig, en die kritieke toestande wat motorvervaardigers wêreldwyd in die gesig staar  beklemtoon.

Die Nikkei, Japan se belangrikste daaglike sakekoerant, het gesê Toyota se bedryfsuitslag gaan 'n verlies wees teen die einde van die finansiële jaar wat 31 Maart 2009 eindig. Dit het nie bronne genoem nie. Kyodo-nuus het 'n soortgelyke berig gehad.

Die berigte het beweer dat die Toyotagroep van maatskappye, insluitend Daihatsu Motor Co. wat klein motors maak en vragmotorvervaardiger Hino Motors, wel daarin sal slaag om winste te toon in die finansiële jaar tot Maart 2009.

Toyota het geweier om kommentaar te lewer op die berigte.

Toyota Motor Corp, wat die gewilde Camry-sedan en die Prius petrol-elektriese hibriede motors maak, het nog nooit 'n verlies aangemeld sedert dit begin het om bedryfswinste in1941 bekend te maak nie.

Japannese voertuigvervaardigers, wat tot onlangs toe die probleme van hulle Amerikaanse kompetisie vrygespring het, word nou deur die daling in motorhandel in Amerikaanse en ander markte benadeel.

Die styging in die jen, wat oorsese verdienste verminder het, het ook hulle winste verminder. Die dollar het gedaal tot op die laagste vlak in 13 jaar, tot minder as 90 jen.

Ontleders het gesê dat berekeninge toon dat verliese vir Toyota alleen onvermydelik is, as mens kyk na hoe sterk die jen is en die daling in motorhandel.    

bover светильникиФільчаков Олександр Васильович прокурор