MTN se swart hoof kan R300-miljoen maak

ImageDie swart hoofbestuurder van die MTN-groep, Phuthuma Nhleko, kan dalk R300-miljoen maak uit die groep se oorname van 'n struktuur wat opgerig is om swart eienaarskap van die maatskappy te bevorder.

MTN is van voorneme om die struktuur – bekend as Newshelf – oor te neem en het Maandag aangekondig dat hulle aandele regstreeks aan swart Suid-Afrikaners in 2009 gaan verkoop.

Newshelf besit 13,3 persent aandele in MTN namens sleuteldirekteure en swart personeel. Die markwaarde van die Newshelf-aandeel, wat ses jaar gelede gekoop is, is R24-miljard maar dit het skuld van omtrent R21,8-miljard gehad.

In die ontbondeling sal MTN 'n 6-persentaandeel  – wat anders gestel 'n gelykheidseienaarskap van tot 25 persent in MTN  Suid-Afrika uitmaak – aan swart lede van die SA publiek en ook swart personeel verkoop.

Die selfoonoperateur sê egter die grootte van die openbare aanbod kan verander "na gelang van markomstandighede en die omvang van herinvestering in die nuwe breëbasisstruktuur deur die Newshelf-begunstigdes."

Die groep sal 'n spesiale dividend van R3,1-miljard aan die 3,200 begunstigdes van Newshelf uitbetaal.

Rajay Ambekar, 'n portefeuljebestuurder by Cadiz American Harvest, sê hy reken elke begunstigde sal omtrent R1-miljoen ontvang.

"Nhleko sal egter met omtrent R300-miljoen wegstap omdat hy 8 persent van Newshelf besit."

Sifiso Dabenwa en Rob Nisbet, MTN se hoofoperasiebestuurder en hooffinansiesbestuurder onderskeidelik, kan elkeen R180-miljoen in hulle sakke steek.

шнековая буровая установкаалександр лобановский харьков

Maak 'n opvolg-bydrae