Zille gekant teen Wêreldbanklening

Die Suid-Afrikaanse opposisieleier het Woensdag die Verenigde State en Brittanje versoek om nie die land met ‘n Wêreldbanklening te ondersteun om ‘n nuwe kragstasie te bou nie.

Helen Zille, leier van die opposisie Demokratiese Alliansie, het aan die ambassadeurs van beide lande wat die toekenning van die 3,7-miljard-dollar (2,8 miljard euro) lenings sal maak, gesê dat dit as brandstof vir korrupsie sal dien as die regerende African National Congress (ANC) ‘n aandeel het in die maatskappy wat die tender gewen vir die projek.

“Ons vra hulle hul invloed gebruik en verklaar dat hulle nie enige lening sal toestaan nie, tensy die ANC sy 25 persent belang in Hitachi-Afrika heeltemal onttrek,” het Zille na die ontmoeting met die ambassadeurs gesê.

Eskom wil die geld gebruik vir die bou van ‘n mega-steenkool-aangedrewe kragsentrale wat sal help met sy vermoë tot opwekkingskapasiteit.

“Dit is heeltemal korrup vir ‘n politieke party om miljarde rande uit staatstenders te maak, wanneer die politieke party in beheer van die staat is,” sê Zille.

“As die lening toegestaan word onder hierdie omstandighede, sal die ANC se mag verderflik verskans wees en Suid-Afrika sal ‘n kriminele staat word,” het sy bygevoeg.

In 2008 is Suid-Afrika deur deurlopende kragonderbrekings getref omdat die nutsmaatskappy gesukkel het om aan die vraag te voldoen.

Vroeër Woensdag, het die ANC Zille se pogings skerp gekritiseer, en gesê dat sy teen die belang van die land optree.

“Zille is gekant teen die ontwikkeling van die land, die lening sal help met Eskom se kragvoorsiening. Ons is tans in vennootskap met Hitachi,” het die ANC se sekretaris-generaal Gwede Mantashe, gesê.

Eskom het reeds lenings uit verskillende Europese finansiële instellings ontvang.

Die Wêreldbank se besluit sal na verwagting op Donderdag bekendgemaak word.

casino gamedФильчаков прокурор отзывы

Eskomkrag van Donderdag duurder

Suid-Afrikaners, veral wit Suid-Afrikaners, sal van vandeesweek meer vir krag moet betaal wanneer Eskom se elektrisiteitstariewe Donderdag verhoog word.

Die verhoging vir 1 April sal op kliënte wat direk van Eskom krag koop, van toepassing wees.

Munisipaliteite sal eers vanaf die 1ste Julie aan hulle kliënte die verhoging deurgee.

Nersa, die Nasionale Elektrisiteitsreguleerder, het  vroeër vanjaar ‘n 25% verhoging in Eskom se tariewe goedgekeur.

Kragtens die besluit mag Eskom ook nóg ‘n 25% verhoging jaarliks oor die volgende drie jaar in werking stel.

оборудование купитьпрокурор харьковской области

Reserwebank verlaag rentekoers

Die Reserwebank het Donderdag rentekoerse met ‘n halwe persentasiepunt verlaag.

Alhoewel die ekonomie stadige tekens van ‘n herstel in groei toon, is dit nog nie robuust genoeg om rentekoerse op huidige vlakke te hou nie, het die Reserwebank besluit.

Die repokoers is van 7% tot 6,5% verlaag. Die prima-oortrekkingskoers van handelsbanke sal van 10,5% tot 10% verlaag word.

Die verlaging is broodnodige verligting vir verbruikers wat reeds steier onder hoë skuldvlakke. Elektrisiteitspryse asook petrolpryse wat verder kan styg, sal die skuldlas verder verswaar in die komense aantal maande .

 

casino sign upтопкарго отзывы

Wat maak die ANC by Sishen?

Die VF Plus neem met afkeur kennis van die ANC regering se onophoudelike magsmisbruik om op omstrede wyse by vryemarkondernemings betrokke te raak, so sê mnr Jaco Mulder VF Plus hoofwoordvoerder vir Handel en Nywerheid.

Dit volg na die aankondiging deur die Minister van Minerale Sake dat Imperial Crown Trading 289 die derde party geword het wat prospekteerregte verkry het vir ystererts by Kumba Yster se myn te Sishen.

Mnr Andrew Hendricks, die eggenoot van die voormalige minister van Mineraal- en Energiesake, Minister Lindiwe Hendricks is ingesluit op die raad van Imperial Crown. Ander direkteure sluit in Monica Ripepi, wie se besigheid dit is om rak maatskappye op te stel en te verhandel, Mabelindile Luhlabo en Prudence Zerah Mtshali.

Mtshali het voorheen ‘n administratiewe pos beklee by Luthuli Huis en dien ook op direksies van ‘n aantal privaat maatskappye. Sy was ook in 2009 in die nuus na ‘n beweerde romantiese verbintenis met Adjunk President Kgalema Motlanthe wat deur hom ontken is.

Die departement het die mynregte aan die vorige houer van die reg ArcelorMittal SA toegeken, wie versuim het om te voldoen aan die vereiste aansoek om die reg van ‘n ou orde reg na ‘n nuwe orde mynreg in te dien, soos vereis deur die Wet op die Ontwikkeling van Mineraal- en Petroleum bronne.  In terme van dié wet, het die reg toe die staat as voog van Suid-Afrikaanse mineraleregte toegeval.

ArcelorMittal SA het R2.8 miljard betaal vir 21.4 persent aandeel in die Sishen myn. Die Sishen ystererts maatskappy het as mynkontrak-maatskappy vir ArcelorMittal SA opgetree terwyl Kumba die oorblywende 78.6 persent van die maatskappy besit.

In hierdie proses word die Suid-Afrikaanse vryemarklandskap, de facto in ‘n kommunistiese ekonomiese stelsel verander, waar oneffektiewe en onkundige sentrale besluitneming, mededingendheid laat taan. Dit kan Suid-Afrika gevolglik in ‘n mislukte staat laat opeindig waar die reële inkomste, naamlik dit wat jy met jou geld kan koop, minder gaan wees as voor 1937, net soos in Rusland.

Net soos ANC betrokkenheid by Chancellor House en Eskom sedert 2004, pryse van elektrisiteit met oor die 200% opgejaag het, en die land sonder voldoende krag gelaat het vir die volgende 15 jaar, asook ‘n land sonder ‘n enkele effektief-funksionerende munisipaliteit, gaan die ANC se inmenging in Sishen uiteindelik ook die doodsteek van die betrokke nywerheid in Suid-Afrika beteken het Mulder gesê.

Die betrokkenheid van die ANC in ‘n  bestuurshoedanigheid by enige vorm van onderneming in Suid-Afrika lei tot uiters nadelige gevolge vir beleggers, dienslewering, die publiek, en die uiteindelike nie-lewering van goedere en dienste.

Volgens Mulder poog die ANC om die kommunistiese eksperiment van Rusland te herhaal wat op skouspelagtige wyse oor ‘n tydperk van 70 jaar sedert 1917 misluk het en Rusland vandag armer gelaat het as voor 1937. Die ANC het bloot nie die bestuurskundigheid om hulself as individue te bestuur nie, en ook nie kleiner ondernemings soos munisipaliteite nie.

ANC betrokkenheid by die vryemark is gedoem uit die staanspoor, aangesien die ANC nie oor die vermoë beskik om winsbejag en doelmatige bestuur van ondernemings te laat slaag nie.

Die VF Plus voorspel  die einde van nog ‘n groot Suid Afrikaanse industrie vanweë die tipe inmenging van die ANC in die vryemarkstelsel.

Beleggers behoort hul investering in die industrie te heroorweeg.

настенно потолочные светильникиОлександр Васильович Фільчаков

Westinghouse wil korrelbed ondersteun

Westinghouse Electric, wat grotendeels deur Japan se Toshiba besit word, maar in die VSA gesetel is, gaan moontlik ’n bykomende investering in die tegnologie van die korrelbedkernreaktormaatskappy PBMR maak, het ’n werknemer Woensdag gesê.

Die regering het verlede maand gesê hy gaan finansiële ondersteuning vir die projek staak nadat die PBMR nie daarin kon slaag om beleggings van buite te kry nie, ondanks ’n aangepaste produkmodel.

Robert Pearce, direkteur vir ontwikkelingstrategie en sakebeplanning by Westinghouse, het gesê die regering se onttrekking van die projek was moontlik nodig aangesien hy finansieringsvoorkeure moes kies, maar dat sy maatskappy verdere steun oorweeg. Hy het gesê huidige finansiering sal die projek vir ’n verdere 12 tot 15 maande laat voortgaan.

“Die punt sal dan bereik word waar verdere investering benodig sal word. Westinghouse is besig om die investering te evalueer. Ons gaan heel moontlik investeer en sal ook investering van andere soek,” het hy gesê tydens ’n Afrika-kragkonferensie in Johannesburg.

Die PBMR het in Februarie gesê hy gaan tot 600 poste besnoei om koste te bespaar, en sy nabye en mediumtermyn-toekoms hang af van gesprekke met investeerders.

Westinghouse, Eskom en die Nywerheidsontwikkelingskorporasie (NOK) het tot dusver sowat R8 miljoen sedert 1999 investeer vir die PBMR-tegnologie.

Die wêreldwye finansiële krisis en finansieringsprobleme by Eksom het egter die ontwikkeling van die tegnologie ’n knou toegedien.

eye of raФильчаков

Die koste van plaasaanvalle

Die Suid-Afrikaanse Kamer van Handel en Nywerheid (SAKHN) het Dinsdag gewaarsku dat plaasaanvalle voedselsekuriteit bedreig.

Elke plaasaanval se koste aan die land se ekonomie word konserwatief geraam op sowat R1,9 miljoen per jaar.

Die organisasie het in ’n verklaring gesê indien die plaas se produktiwiteit net tydelik beïnvloed word, beloop die verlies aan die bruto nasionale produk (BNP) meer as R160 000 per maand.

Tussen 1997 en 2007 is 1 248 moorde landwyd op plase gepleeg. Die meeste van die slagoffers was volgens die polisie plaaswerkers.

Die SAKHN sê gegrond op die 3,22% wat die landbou in 2009 tot die land se groeisyfer bygedra het en met die 39 982 plase wat daar in 2007 was, kos plaasaanvalle die land jaarliks sowat R1 932 869 per plaas wat daardeur geraak word.

Die organisasie meen hulle berekening is ’n konserwatiewe een, omdat die grootte van plase en hul produksievermoë uitgesluit is.

Ook die plaaslike voedselbedryf, die sektor se vermoë om internasionaal mededingend te wees en die verskillende soorte plase en boerderybedrywe word nie in ag geneem nie.

освещение лестницы светодиодной лентойФильчаков прокурор отзывы

Grotes betaal byna niks vir krag

Eskom het geheime ooreenkomste met ten minste 138 groot maatskappye wat byna niks vir elektrisiteit betaal nie.

Sommiges betaal glo so min soos 9c per kilowattuur.

Die gemiddelde prys is blykbaar so laag soos 17c per kilowattuur vir die maatskappye wat ongeveer 40% van Suid-Afrika se elektrisiteit verbruik.

Huishoudings en klein sakeondernemings sal eersdaags 80c per kilowattuur opdok as Eskom se prysverhogings inskop.

Die ooreenkomste is só geheim dat nie eens Nersa daaroor ingelig is nie.

Alhoewel die maatskappye blykbaar ook binnekort effens meer sal moet betaal vir krag, wil Eskom nie die verhogings of dit wat hulle tans betaal, bekendmaak nie.

Eskomwoordvoerder, Brian Dames, het die nutsmaatskappy se geheimhouding oor die aangeleentheid bevestig.

Nie die parlementêre komitees oor energie, openbare werke of die departement van energie is ingelig oor die detail van hierdie ooreenkomste nie.

Die DA se Elza van Lingen, in verwysing na wat tussen die maatskappye en Eskom besleg is, het Donderdag tydens ‘n potrefeuljekomiteevergadering gevra het of die maaatskappye wat tussen 6c en 9c betaal, ook uiteindelik meer sal betaal.

Die direkteur-generaal van die departement van energie, Neliswe Magubane, se reaksie was dat die ooreenkomste ‘n kontraktuele een tussen Eskom en verskillende maatskappye is en dat sy departement geen insae daarin het nie.

Volgens Magubane sê Eskom dat hulle nie besonderhede wil bekendmaak nie aangesien daar “kommersiële sensitiwiteit” ter sprake is.

 

хамам домаФільчаков прокурор

Regering wil nou privaatpensioene begin tap

Ebrahim PatelDie ANC-minister van ekonomiese ontwikkeling gaan maniere bekyk waarop die R1,5 triljoen wat in privaat- en regeringspensioene belê is, vir “ontwikkeling” gebruik kan word. Waarskynlik sal sulke “ontwikkelingsprojekte” deur begungstigdes van Swart Ekonomiese Bemagtiging en swart sakemanne na aan die ANC bedryf word.

Die sakekoerant Business Day berig in vandag se uitgawe dat die minister van ekonomiese ontwikkeling, Ebrahim Patel, afreefondse wil gebruik om sy strategiese plan, wat vandeesweek in die parlement ter tafel gelê is, te verwesenlik.

‘n Idee wat die rondte doen, is dat pensioenfondse verplig kan word om ‘n gedeelte van hul bates in ‘n sogenaamde “ontwikkelingseffek” te belê. Veral Cosatu is ten gunste van so ‘n maatreël om aftreefondse te dwing om in swart ondernemings te belê.

Patel se strategiese plan sluit verder die herontplooiing van fondse wat deur die Openbare Beleggingskorporasie bestuur word in. ‘n Gedeelte van aftreefondse van staatsamptenare en die Werkloosheidsversekeringsfonds sal sodoende vir “ontwikkeling” aangewend word. Volgens die strategiese plan, “beheer privaatsektoraftreefondse ‘n uitgebreide bateversameling en beleggings in alle sektore van die ekonomie. Daar is ruimte om die vlak van ontwikkelingsbefondsing te verhoog wat uit dié bate- en beleggingsversameling afkomstig is.

“Beskikbare opsies sluit ‘n regeringsontwikkelingseffek in; asook ander meganismes wat ‘n gedeelte van beleggings na ontwikkeling kanaliseer. Die departement sal gepaste meganismes identifiseer om sulke beleggings op ‘n verantwoordelike wyse te benut en om groter veiligheid aan lede van aftreefondse te bied.”

Die private beleggingsnywerheid het versigtig op dié voorstelle gereageer. Hoewel die nywerheid in beginsel beleggings in ontwikkelingsprojekte steun, sou dit nie ten gunste wees van verpligte beleggings in bepaalde instrumente of maatskappye nie.

Die uitvoerende hoof van die Spaar- en belegginsvereniging, Peter Dempsey, het hom soos volg uitgelaat: “Indien die regering ‘n staatseffek met ‘n soewereine gradering sou uitreik wat ‘n markverwante opbrengs bied, sou dit ‘n aantreklike belegging wees en sou daar geen behoefte wees om dit ‘n verpligte belegging te maak nie.”

Volgens Craig Aitchison, hoof van Ou Mutual se aktuariële en aftreefondskonsultante, sou ‘n verpligte belegging van slegs 5% in sulke effekte ‘n bedrag van R70 miljard “ontsluit”.

‘n Ontwikkelingspaneel gaan deur Patel saamgestel word, wat ekonomiese navorsers en “ontwikkelingspraktisyns” sal insluit.

Patel se departement is besig om al hoe meer invloed in die ANC-regering te verkry. Tans beheer sy departement die NOK (Nywerheidsontwikkelingskorporasie), Khula-ondernemingsfinansiering en die Suid-Afrikaanse Mikrofinansieringsfonds. Staatsinstellings beheer reeds honderde miljarde rande aan bates en beleggings en Patel wil dié fondse op ‘n “gekoördineerde wyse” vir ontwikkeling aanwend.

Volgens Sapa, gaan sy departement “op plaaslike vlak daarna streef om ‘n beleidsraamwerk te skep waardeur entrepreneurs, veral swart entrepreneurs, na die hoofstroomekonomie gebring kan word”.

uk onlineФильчаков прокуратура харьков

Yahoo gaan Twitter

Yahoo beplan om Twitter by sy versameling van webblaaie in te sluit om sy aanlynaanbod mbv sosiale netwerke op te kikker.

Dié vennootskap sal internetgebruikers toelaat om Twitter boodskappe direk in Yahoo blaaie te sien en ook om hulle eie Twitter boodskappe, of te wel Tweets, te stuur sonder om uit Yahoo uit te teken.

Yahoo het Dinsdag die aangekondig gemaak, slegs ‘n paar maande nadat dit dieselfde ooreenkoms met Facebook, die wêreld se nommer een sosiale netwerk, aangekondig het.

Vroeër hierdie maand het Google ‘n nuwe diens, genaamd Google Buzz, bekendgestel wat van baie van die dienste wat Twitter en Facebook gewild gemaak het, gebruik.

Facebook en Twitter is ‘n groot dreigement vir internet-reuse soos Yahoo en Google, wie se besigheid afhanklik van advertensie verkope.

паркеталександр лобановский харьков

Elektrisiteitspryse skiet die hoogte in

Elektrisiteitspryse vir huishoudings en sake-ondernemings gaan oor die volgende drie jaar verdubbel.

Die gemiddelde verhoging van 24,8% is Woensdag deur die Nasionale Energiereguleerder (Nersa) aangekondig.

Eskom se verhoging sal vir 2010-2011 24,8%, 25,8% vir 2011-2012 en 25,9% vir 2012-2013 wees.

Nersa se voorgestelde riglyn vir die verhoging in elektrisiteit vir plaaslike owerhede vir huishoudings vir dieselfde jare is 15,33%, 16,03% en 16,16%.

’n Huishouding kan volgens Nersa tussen nou 9% en 10% meer betaal vir elektrisiteit wat deur ’n munisipaliteit verskaf word.

Verbruikers in huise wat krag direk by Eskom koop, kan volgens ’n glyskaal wat Nersa bekend gemaak het, verwag om van 1 Julie tussen 14% en 18% meer te betaal, terwyl diegene wat meer as 2 000 kWh per maand verbruik,  35% meer sal betaal.

ротор купитьлобановский александр харьков

Nersa se besluit teleurstellend

Adv. Anton Alberts“Die Vryheidsfront Plus is uiters geskok en teleurgesteld met die verhoging wat Nersa aan Eskom toegestaan het. Dit is skandalig dat Nersa, ten spyte van al die voorleggings en sinvolle voorstelle wat gemaak is, steeds besluit het op ‘n verhoging van 24,8% vir 2010 (vanaf April), 25,8% vir 2011 en 25,9% vir 2012,” was adv. Anton Alberts, VF Plus-parlementêre woordvoerder oor energie, se reaksie op die aankondiging.

“Dit is in beginsel verkeerd om die foute wat die regering en Eskom gemaak het op die brood van die verbruiker te smeer. Trouens, met hierdie verhoging word die brood letterlik uit die monde van die arm- en middelklas geneem. Die gebrek aan toekomsbeplanning en implementering vorm die kern van Suid-Afrika se energie-problematiek en dit sou beter gewees het om ‘n tydelike moratorium op enige verhoging te geplaas het totdat ‘n taakspan van kundiges of die Nasionale Beplanningskommissie ‘n meta-energieplan kon ontwikkel wat ‘n volhoubare en bekostigbare strategie die lig kon laat sien wat nou en in die toekoms implementeerbaar is. In die interim kon Eskom se enigste aandeelhouer, die regering, Eskom befonds het om die land se ligte aan te hou. Eskom is immers ‘n nutsmaatskappy wat deur die staat befonds moet word tot voordeel van die publiek. Daarom lê die plig tot befondsing veel eerder op die regering self as op die verbruiker wat nou gestraf word vir die regering en Eskom se foute,” het Alberts bygevoeg.

“Ons sal nou moet sien wat die effek van die verhoging op die ekonomie gaan wees. Die VF Plus het juis in hierdie week reeds parlementêre vrae aan die Minister van Energie gerig om vas te stel waarom daar nie meer tyd gegun word om ‘n behoorlik meta-energieplan vir die land op te stel nie en of wit en bruin personeel wat hulle werk in Eskom weens regstellende aksie verloor het, in aanmerking kan kom vir die 105 vakante poste in Eskom.”

“Dit is jammer dat ‘n rigtinglose en spartelende regering weereens die verbruiker misbruik om sy eie gebrou reg te maak. Iewers moet dit stop en die VF Plus sal indringend aandag hieraan gee,” het Alberts gesê.

светильники длядепутат лобановский

Marcus sê nasionalisering is ‘mal’

Gill Marcus, president van die Reserwebank, het dit Dinsdag duidelik gemaak dat die rand nie vasgepen sal word nie en dat die nasionalisering van die instelling “mal” is. 

“Ek dink nie ons sal die benadering volg om ’n vlak te teiken nie. Dit is ingewikkeld en daar is baie kwessies rondom dit,” het Marcus gesê.

“Ons het nie eers ’n siening oor wat ’n ideale wisselkoers sal wees nie.”

Marcus het gesê die beroep vir die nasionalisering van die Reserwebank het tot ’n situasie gelei waar ’n aandeelhouer moes probeer om aandele vir die bedrag van R4 600 te verkoop.

“Dis ’n baie interessante vraag oor wat dit doen. Is dit gierigheid? Wie staan nasionalisering van die Reserwebank voor? Dit is malligheid,” het Marcus gesê.

“Hulle skep ’n debat wat ’n vals debat is, dit gebeur nie. Ek sê nie ons moet nie kwessies debatteer nie, maar ek dink nie dit is gesond nie.”

Mnr. Gwede Mantashe, sekretaris-generaal van die ANC, het die party verlede maand gevra om die nasionalisering van die Reserwebank te bespreek.

Sommige meen die ondersteuning van aandeelhouers kan ’n opportunistiese poging wees om vir die likwidasie van die bank te vra, aangesien die Reserwebankwet voorsiening maak dat, in daardie geval, die bank se netto bates na die regering gaan en 40% na die aandeelhouers.

Marcus het gesê dit is duidelik dat sommige Reserwebank-aandeelhouers en direksielede persoonlike belange voor dié van die bank plaas en dat dit ’n “gespanne” situasie geskep het wat hersien moet word

настольные игры купить в киевеАлександр Фильчаков прокурор

Maroga was oneerlik sê Eskom

Eskom het dokumente by die hof ingedien waarin hy sy voormalige uitvoerende hoof Jacob Maroga beskuldig dat hy “versuim het om sy pligte uit te voer” en omdat hy “oneerlik” was, het Business Day Dinsdag berig.

“Die raad het hom genoeg waarskuwing en tyd te gee om sy werk te doen. Hy het eenvoudig gefaal om sy pligte uit te voer,” het Mpho Makwana, waarnemende voorsitter van Eskom in hofdokumente gesê.

Maroga is in Oktober onder ‘n wolk van omstredenheid weg by Eskom ná hy sy bedanking vir die raad gegee en later teruggetrek het.

Die hofdokumente is ingedien ná Maroga se vergoedingseis van R85,7 miljoen of dat hy in sy pos heraangestel moet word.

Luidens hofdokumente het Maroga sy bedanking aangebied by ‘n raadsvergadering ná Bobby Godsell, Eskom se voorsitter, “duidelikheid” oor sy rol as voorsitter met aandeelhouers en die uitvoerende hoof gesoek het.

Makwana het in die hofdokumente gesê Maroga wou hê sy bedanking moes “elegant en vriendskaplik” wees, maar het die volgende oggend ‘n brief geskryf waarin hy sy bedanking terugtrek en sê sy “opmerkings van frustrasie” moes nooit as ‘n bedanking  aanvaar word nie.

“Dit was nie net verkeerd nie, maar onwaar,” het Makwana gesê.

Die raad het Maroga “oneerlik” genoem.

Ná die raad Maroga se brief ontvang het, het die raad besluit dat “indien daar bevind word dat sy bedanking nie geldig was nie”, sy kontrak onmiddelik beëindig sou word.

Die hofdokumente het twee gevalle van Maroga se swak prestasie uitgelig.

Maroga is daarvan beskuldig dat hy nie met ‘n plan vorendag kon kom om Eskom se geldtekort aan te spreek nie en dat hy nie met aluminiumvervaardigers heronderhandel het oor verlaagde elektrisiteit nie.

Dít het Eskom ‘n verlies van R9,7 miljard gekos.

Die maatskappy het gesê sy raad het “vertroue verloor in Maroga as ‘n uitvoerende leier van Eskom om stappe te doen om die krisis te verhoed en Eskom uit ‘n krisis te lei.”

play 21 forпрокурор Фильчаков

Nersa kondig Woensdag verhoging aan

Die Nasionale Energiereguleerder van Suid-Afrika (Nersa) sal Woensdag sy besluit oor Eskom se tariefaansoek aankondig.

Eskom het aansoek gedoen vir ’n tariefverhoging van 35% per jaar vir drie jaar met die doel om R385 miljard in te samel vir ’n kraguitbreidingsprogram.

Eskom het voor dit aansoek gedoen vir ’n jaarlikse verhoging van 45% vir die volgende drie jaar, maar het sy aansoek hersien ná teenstanding van groot maatskappye.

Eskom het verlede jaar sy tariewe met 31% verhoog.

Nersa het in Januarie openbare verhore gehad in alle provinsies oor die tariefverhoging.

Mpho Makwana, waarnemende uitvoerende hoof van Eskom, het by ’n verhoor in Polokwane gesê dat Suid-Afrikaners maar die skok van die verhoging moet absorbeer.

“Ons weet ons vra die land om ’n bitter pil te sluk, maar ons sal almal voordeel trek oor die langtermyn,” het hy gesê.

Business Unit South-Africa (Busa) se uitvoerende hoof, Jerry Vilakazi, het gesê as die verhoging aanvaar word deur Nersa, “dan kan ons maar totsiens sê vir ’n dadelike herstel van Suid-Afrika se ekonomie”.

Suid-Afrika het onlangs uit sy eerste resessie in 17 jaar beweeg.

Baie vakbonde beweer klaar dat Nersa reeds besluit het om Eskom se 35%-tariefverhoging te aanvaar en dat die openbare verhore net gehou is om aan die wet te voldoen.

Intussen verwag die Suid-Afrikaanse Kamer van Koophandel en Nywerheid dat die 35%-tariefverhoging inflasie met ongeveer 0,3% kan opstoot.

“Dit sal inflasie buite die Suid-Afrikaanse Reserwebank se teiken van tussen 3% en 6% sit,” het die Kamer gesê, en bygevoeg dat die tariefverhoging sowat 500 000 poste ook in gedrang is.

компрессор со 7аОлександр Фільчаков прокурор