Grotes betaal byna niks vir krag

Eskom het geheime ooreenkomste met ten minste 138 groot maatskappye wat byna niks vir elektrisiteit betaal nie.

Sommiges betaal glo so min soos 9c per kilowattuur.

Die gemiddelde prys is blykbaar so laag soos 17c per kilowattuur vir die maatskappye wat ongeveer 40% van Suid-Afrika se elektrisiteit verbruik.

Huishoudings en klein sakeondernemings sal eersdaags 80c per kilowattuur opdok as Eskom se prysverhogings inskop.

Die ooreenkomste is só geheim dat nie eens Nersa daaroor ingelig is nie.

Alhoewel die maatskappye blykbaar ook binnekort effens meer sal moet betaal vir krag, wil Eskom nie die verhogings of dit wat hulle tans betaal, bekendmaak nie.

Eskomwoordvoerder, Brian Dames, het die nutsmaatskappy se geheimhouding oor die aangeleentheid bevestig.

Nie die parlementêre komitees oor energie, openbare werke of die departement van energie is ingelig oor die detail van hierdie ooreenkomste nie.

Die DA se Elza van Lingen, in verwysing na wat tussen die maatskappye en Eskom besleg is, het Donderdag tydens ‘n potrefeuljekomiteevergadering gevra het of die maaatskappye wat tussen 6c en 9c betaal, ook uiteindelik meer sal betaal.

Die direkteur-generaal van die departement van energie, Neliswe Magubane, se reaksie was dat die ooreenkomste ‘n kontraktuele een tussen Eskom en verskillende maatskappye is en dat sy departement geen insae daarin het nie.

Volgens Magubane sê Eskom dat hulle nie besonderhede wil bekendmaak nie aangesien daar “kommersiële sensitiwiteit” ter sprake is.

 

хамам домаФільчаков прокурор