Die Reserwebank het Donderdag rentekoerse met ‘n halwe persentasiepunt verlaag.
Alhoewel die ekonomie stadige tekens van ‘n herstel in groei toon, is dit nog nie robuust genoeg om rentekoerse op huidige vlakke te hou nie, het die Reserwebank besluit.
Die repokoers is van 7% tot 6,5% verlaag. Die prima-oortrekkingskoers van handelsbanke sal van 10,5% tot 10% verlaag word.
Die verlaging is broodnodige verligting vir verbruikers wat reeds steier onder hoë skuldvlakke. Elektrisiteitspryse asook petrolpryse wat verder kan styg, sal die skuldlas verder verswaar in die komense aantal maande .
Leave a Reply
You must be logged in to post a comment.