Die Suid-Afrikaanse opposisieleier het Woensdag die Verenigde State en Brittanje versoek om nie die land met ‘n Wêreldbanklening te ondersteun om ‘n nuwe kragstasie te bou nie.
“Ons vra hulle hul invloed gebruik en verklaar dat hulle nie enige lening sal toestaan nie, tensy die ANC sy 25 persent belang in Hitachi-Afrika heeltemal onttrek,” het Zille na die ontmoeting met die ambassadeurs gesê.
Eskom wil die geld gebruik vir die bou van ‘n mega-steenkool-aangedrewe kragsentrale wat sal help met sy vermoë tot opwekkingskapasiteit.
“Dit is heeltemal korrup vir ‘n politieke party om miljarde rande uit staatstenders te maak, wanneer die politieke party in beheer van die staat is,” sê Zille.
“As die lening toegestaan word onder hierdie omstandighede, sal die ANC se mag verderflik verskans wees en Suid-Afrika sal ‘n kriminele staat word,” het sy bygevoeg.
In 2008 is Suid-Afrika deur deurlopende kragonderbrekings getref omdat die nutsmaatskappy gesukkel het om aan die vraag te voldoen.
Vroeër Woensdag, het die ANC Zille se pogings skerp gekritiseer, en gesê dat sy teen die belang van die land optree.
“Zille is gekant teen die ontwikkeling van die land, die lening sal help met Eskom se kragvoorsiening. Ons is tans in vennootskap met Hitachi,” het die ANC se sekretaris-generaal Gwede Mantashe, gesê.
Eskom het reeds lenings uit verskillende Europese finansiële instellings ontvang.
Die Wêreldbank se besluit sal na verwagting op Donderdag bekendgemaak word.
