Withuis-skietery: Man kritiek

Veiligheidsmaatreëls by die Withuis in Washington is Vrydag tydelik verskerp ná ’n skietvoorval in die omgewing.

‘n Amerikaanse wetstoepassingsbeampte het gesê owerhede het die gewapende man geïdentifiseer as Jesse Oliveri (30) van Ashland, Pennsylvania.

Pres. Barack Obama was nie ten tyde van die voorval tuis nie en geen van sy personeel is beseer nie, het ’n amptenaar van die Withuis gesê.

Obama is van die voorval ingelig.

Volgens die polisie het die voorval ’n blok van die Withuis af plaasgevind.

CNN het berig ’n verdagte is raakgeskiet en is in aanhouding. Volgens ’n woordvoerder van die Colombia-nooddienste is hy met kritieke beserings in ’n plaaslike hospitaal opgeneem.

Inwoners wat Oliviere al jare ken, is verbaas deur sy vermeende optrede. Hulle onthou hom as ‘n gawe, ingetoë man en sportliefhebber.

Taliban-leier gedood

Amerika het Saterdag ’n lugaanval op die Afgaanse Taliban uitgevoer en dié groep se leier het vermoedelik gesterf toe die voertuig waarin hy gery het, raakgeskiet is.

Die aanval is in ’n afgeleë gebied in Pakistan naby die grens tussen dié land en Afganistan uitgevoer, het Reuters berig.

Indien bevestig word dat die Talibanleier in Afganistan, Moellah Akhtar Mansoer, tydens die aanval gesterf het, kan die stryd vir ’n opvolger die onenigheid tussen strydende faksies in dié insurgensiebeweging verder verdiep.

Volgens Amerikaanse amptenare is Saterdag se sending in opdrag van pres. Barack Obama uitgevoer en verskeie hommeltuie is in die aanval gebruik.

’n Pentagon-woordvoerder, Peter Cook, het die bevestig die aanval waarin Mansoer die teiken was, is naby die grens tussen Afganistan en Pakistan uitgevoer, maar hy wou nie bespiegel of dié leier wel omgekom het nie.

“Ons ontleed nog die gevolge van die aanval en sal meer inligting bekend maak soos wat dit beskikbaar word,” het hy gesê.

Intussen het die Taliban nog nie amp­telik gereageer nie, maar sy fokus het onmiddellik verskuif na Mansoer se adjunk, Sirajoeddin Haqqani. Hy is die leier van ’n berugte netwerk wat vir die meeste van die onlangse hoë profiel selfmoordaanvalle in Kaboel geblameer word.

“Bloot op grond van die hiërargie, is hy die gunsteling om Mansoer op te volg,” het Michael Kugelman, ’n ontleder by die Woodrow Wilson-instituut in Washington, gesê.

“Sover dit die Taliban betref, is niks ’n uitgemaakte saak nie en leiers word nie noodwendig op grond van hul bevoegdheid gekies nie.”

Haqqani, wat verlede jaar as Mansoer se tweede-in-bevel aangewys is, word in die algemeen beskou as ’n teenstander van onderhandelinge en indien hy as leier oorneem, kan vredesonderhandelinge daaronder ly.

Pogings om ’n nuwe reeks samesprekings tussen die Afgaanse regering en die Taliban op koers te kry, het reeds skipbreuk gelei ná ’n selfmoordaanval in Kaboel verlede maand waarin 64 mense gesterf het.

Pres. Asjraf Gani het daarna die fokus na militêre operasies verskuif.

Byna alle interne padvervoerroetes in Afghanistan is tans ontwrig of onder direkte beheer van die Taliban.

Die amptelike regering sal volgens ontelders binnekort uitmekaar val omdat die koalisie wat deur Amerika afgedwing is na ‘n “demokratiese proses”, ‘n dooiepunt bereik het.

Die weermag en polisie bestaan slegs op papier, en is in werklikheid ‘n aantal bendes wat uitsluitlik tot voordeel van hul leiers optree. Die Taliban word deur Pakistan gerugsteun.

Die VSA en ander westerse lande betaal vir die “amptelike” aantal Afghaanse soldate, maar die fondse gaan na diegene wat die amptelike inskrywingslyste beheer en nie na soldate nie.

Daar is dus net spooktroepe wat verklaar waarom die Taliban gereed is om weer volle beheer van die suide van die land te neem.

Die Anglo-Amerikaanse betrokkenheid in Afghanistan het slegs gesorg vir die uitvoer van heroïen. Die Weste het dus beter as die Sowjet-Unie gefaal in hul doelstellings.

Ten spyte van die teenwoordigheid van westerse troepe oor baie jare, is nog geen beslissende militêre oplossing verkry nie.

Die miljarde wat spandeer is op ontwikkeling het tot geen volhoubare ekonomiese prestasie gelei nie en die duisende “demokratiese” inisiatiewe het absoluut niks in die land verander nie.

Dit is eerder ‘n klad op die VSA se buitelandse beleid onder presidente Bush en Obama.

Vegetariër dood op Everest

‘n Suid-Afrikaans-gebore vegetariër is een van drie klimmers wat dood is nadat ‘n aantal bergklimmers op die berg Everest siek geword het.

Amptenare in Nepal sê bykans 30 bergklimmers het siek geword, grootliks van vriesbrand.

Die lug naby die piek is so dun dat selfs met aanvullende suurstof, is elke minuut wat ‘n klimmer spandeer in die “doodsone” bo 7900 meter ‘n tikkende tydbom met die liggaam wat effektief besig is om te sterf.

Die 34-jarige Marisa Strydom, wat in Suid-Afrika gebore is maar in Melbourne, Australië woon, is met die afkom van die berg dood. Strydom het glo hoogtesiekte opgedoen.

Strydom se afsterwe is deur die Monash-universiteit in Melbourne bevestig waar sy klasgee.

Vrydag is die Nederlandse bergklimmer, Eric Arnold oorlede nadat hy die kruin bereik het. Hy en Strydom was in dieselfde groep.

Strydom se suster, Aletta Newman, het te velde getrek teen die Nederlandse bergklimmaatskappy wat nie die familie van die dood verwittig het nie.

Strydom, ‘n oud-Pretorianer, het 400m van die spits Saterdag, omgedraai omdat Strydom swak gevoel het. Sy het glo ophou asemhaal.

Robert Gropel, haar eggenoot en ‘n veearts, was in ‘n kritieke toestand en is die berg af op ‘n slee.

Strydom het verloof geraak aan Gropel in 2009 op ‘n reis na Aconcagua in Argentinië as deel van haar droom om die sewe hoogste pieke op die sewe kontinente te bereik.

Sy het Kilimanjaro saam met Gropel in 2014 bestyg. Die span het ook voorheen Denali in Alaska en die berg Ararat in die ooste van Turkye uitgeklim.

Beide was streng vegetaries wat geen diereprodukte gebruik het nie en was vasbeslote om te wys “dat vegetariërs enigiets en meer kan doen”.

Meer as 350 bergklimmers het al hierdie maand Everest se piek van die Nepal-kant bereik, terwyl talle van Tibet se kant af klim.

‘n Indiese bergklimmer is die derde persoon wat die afgelope paar dae op die Berg Everest dood is.

Die Indiese man is oornag dood terwyl Sherpa-gidse hom by die berg afgehelp het.

Die klimmers moet besonder duur betaal vir die voorreg om te kan klim.

Trump sal met Kim praat

Donald Trump is bereid om met Noord-Korea se leier, Kim Jong-oen, te praat in ’n poging om ’n einde te bring aan Noord-Korea se kernkragambisie, het die Republikeinse Party se aangewese presidentskandidaat, Woensdag gesê.

Trump (69) het nie besonderhede verskaf van sy beleid teenoor Noord-Korea sou hy tot Amerikaanse president verkies word nie.

Ontleders meen dié standpunt kan lei tot ’n beduidende skuif in die Amerikaanse gesindheid teenoor die geïsoleerde Noord-Korea, sou Trump verkies word.

Op ’n vraag of hy sal probeer om Kim tot ander insigte te bring, het Trump geantwoord: “Absoluut.”

Hy sal China ook vra om hom te help in sy pogings. “Ek sal druk op China plaas, want ons het groot ekonomiese mag oor China,” het Trump in ’n halfuur lange onderhoud in sy kantoor op die 26ste verdieping van Trump Tower in Manhattan gesê. “China kan die probleem met een vergadering of een telefoongesprek oplos.”

Die regering van Noord-Korea het nie kommentaar gelewer op Trump se standpunt nie, het Reuters berig.

Koningin belowe armes geld om Brexit te keer

Die veldtog om Brittanje in die Europese Unie te hou ontrafel by die dag verder.

Die vooruitsig van ‘n maklike oorwinning vir die “Blyers” verdamp met piesangskille wat oor die Konserwatiewe Party se pad besaai lê.

Meningspeilings wat net ‘n paar weke gelede die Blyers onaantasbaar laat lyk het, het nou omgeswaai.

Koningin Elizabeth II (90) het Woensdag in haar jaarlikse toespraak met die opening van die Britse parlement in die hoërhuis in Londen die gety probeer keer.

Die koningin, geklee in ‘n wit rok en swaargebuk onder haar uitspattige seremoniële toebehore, het gewaarsku dat wetgewing om “ekstremisme” te beheer in die vooruitsig gestel word asook meer geld maatskaplike uitkerings.

Die Britse premier, David Cameron, wat onder beleg is, ook in sy eie party, het die koningin se “eenheidstoespraak” ten hemele geprys.

Cameron is ten gunste van voortgesette EU-lidmaatskap, maar sy party is sterk verdeeld.

As deel van die jaarlikse seremonie is ‘n parlementslid in die paleis gyselaar gehou. Dié lid is vrygelaat nadat die koningin veilig teruggekeer het.

Dié simboliek kan dalk die regering sowel as die koningshuis duur te staan kom.

Cameron se woordvoerder het Woensdag ontken die regering sloer met wetgewing in die lig van die referendum wat aanstaande maand oor Brittanje se lidmaatskap van die Europese Unie gehou word.

Die oorgrote meerderheid van Britse kiesers nie ten gunste van voortgesette lidmaatskap nie en wil ‘n Brexit sien.

En met die pro-EU politieke elite wat op groot skaal befonds word deur groot besigheid, is daar geen redelike verwagting dat dit sal verander nie.

Bitter verdeeldheid binne die Tory-kabinet maak ‘n Brexit al hoe waarskynliker.

Die eerste ding om te verstaan, is dat die Britse politieke establishment diep verdeel is tussen individue wie se uiteindelike lojaliteit by Washington en sy dominante neo-con kliek lê, en diegene wat op die ou end hul getrouheid aan Brussel verklaar het.

Beide groepe dra natuurlik net die belange van hul marionetmeesters op die hart en nie noodwendig die kiesers nie.

Alhoewel hulle eerder soortgelyke einde-doelwitte in die Midde-Ooste nastreef, is die posisies van die Washington-aanhangers en dié van die Brussel-aanhangers heeltemal onversoenbaar.

Vir die EU-aanhangers is Duitsland die ekonomiese lokomotief wat oos kyk, maar vir die Atlantiese faksie skep dit kompetisie wat vernietig moet word.

Die uitkoms van Brexit sal dus rigtingbepalend vir Brittanje sowel as die VSA wees.

Grondstortings in Sri Lanka eis talle

Meer as 150 mense is moontlik dood ná twee grondstortings Woensdag in Sri Lanka. Dit kom ná swaar reën die afgelope twee dae in die sentrale deel van Sri Lanka geval het.

Die hoop vervaag dat oorlewendes wat deur die twee modderstortings begrawe is, lewendig gevind sal word.

Meer as 300 000 mense moes voor die vloedwater en modderstortings in Colombo en omliggende gebiede vlug.

Sowat 196 000 mense moes hul huise weens die swaar reën ontruim en reddingswerkers kon 350 mense in veiligheid bring.

Die modder in sekere gebiede is byna tien meter diep. Die swaarste reën in 25 jaar sak al sedert verlede naweek uit.

Reddingswerkers soek naarstiglik na oorlewendes, maar verwyder ook lyke, het rampbestuurders gesê.
’n Rooikruis-hospitaalwerker het gesê hulle vrees dat die dodetal veel hoër as die verwagting kan wees. Die Rooikruis-hospitaal het ’n kamp vir die oorlewendes opgerig.

Dan Roodt by #AmRen2016 in Tennessee

Binne anderhalf uur begin die konferensie van American Renaissance waar dr. Dan Roodt van PRAAG Afrikaners en Suid-Afrika verteenwoordig by dié pro-Westerse en pro-blanke byeenkoms. Meer as 300 mense en 20 joernaliste woon die konferensie in Montgomery Bell State Park naby Nashville, Tennessee by.

Die verrigtinge word gestroom deur die Sweedse internetstasie Red Ice TV https://redice.tv en kan intyds gevolg word.

Daar is 7 ure tydsverskil tussen Nashville en Suid-Afrika. Die konferensie begin dus Vrydagaand 20 Mei om 19:00 of 2:00 Saterdagoggend in Suid-Afrika en hou die hele Saterdag aan.

Saterdagoggend begin dit om 9:00 oftewel 16:00 in Suid-Afrika.

Raaisel verdiep oor vlugbeamptes op EgyptAir-rampvliegtuig

Drie vlugsekuriteitsbeamptes was onder die 66 mense aan boord EgyptAir vlug MS804 wat neergestort in die Middellandse See vroeg Donderdag, het owerhede gesê.

Frankryk se vervoerhoof Alain Vidalies het aan verslaggewers gesê dat dit nie “te veel” sekuriteitsbeamptes op so ‘n vlug was nie en dit is “die gewone praktyk”. Hy het bygevoeg dat die vliegtuig, wat 189 passasiers kan vervoer – geen ander vrag in die ruim gehad het nie.

‘n Voormalige Amerikaanse NTSB-ondersoeker na vliegveiliheid, Greg Feith het aan MSNBC gesê dat Egipte se sekuriteit onlangs ‘n hupstoot gekry het, wat die aantal offisiere aan boord sou kon verduidelik.

“Die enigste ander rede om sekuriteitspersoneel te hê soos ons vandag hier doen in die VSA is as hulle iemand van belang vervoer,” het Feith bygevoeg. “Maar die mees waarskynlike is dat dit soortgelyk aan ons federale lugbeamptes was wat op hierdie vlug was.”

Sekuriteit op Egiptiese vliegtuie is opgeskerp nadat ‘n Russiese Metrojet-passasiervliegtuig wat vanaf die lughawe Sharm el-Sheikh op 31 Oktober verlede jaar vertrek het, met al 224 mense aan boord verongeluk het.

Die vlug was slegs drie minute in Egipte se lugruim voordat dit verdwyn het, wat beteken hulle sal die ondersoek lei.

Die Griekse minister van verdediging, Panos Kammenos, het later volgens Reuters op ‘n nuuskonferensie gesê die vliegtuig het, voordat dit van die radarskerms af verdwyn het, ‘n paar keer skielik van rigting verander en hoogte verloor.

Wrakstukke wat Donderdag in die Middellandse See gevind is, is nie dié van EgyptAir nie.

Die Egiptiese ministerie van burgerlugvaart het aanvanklik gesê Griekse owerhede het “drywende materiaal” en lewensreddingsbaadjies gevind wat moontlik deel van vlug MS804 se Airbus A320 was.

EgyptAir se visepresident, Ahmed Adel, het egter laat Donderdagaand aan CNN gesê die wrak is steeds nie gevind nie.

“Die wrakstukke wat gevind is, is nie deel van vlug MS804 nie. Die soektog duur voort,” het Adel gesê.

Intussen het amptenare van verskeie Amerikaanse agentskappe aan Reuters gesê ‘n ontleding van satelliet-beeldmateriaal tot dusver dui nie op ‘n ontploffing aan boord van die Airbus A320 nie.

Die FBI se direkteur Jim Comey het vroeëre berigte weerspreek dat daar ‘n ontploffing was wat deur ‘n bom veroorsaak kon gewees het.

Alexander Bortnikov, die direkteur van die Russiese Federale Veiligheidsdiens, het gister gesê die ongeluk is waarskynlik te wyte aan ‘n terroriste-aanval.

Bortnikov het dié opmerkings gemaak tydens ‘n sitting van die Raad van die hoofde van sekuriteit en spesiale dienste van CIS-lidlande, het die Russiese nuusagentskap Tass berig.

EgyptAir-vliegramp was ‘n terreuraanval

‘n Terreuraanval is die mees waarskynlike verklaring vir die verdwyning van ‘n EgyptAir-vlug tussen Parys en Kaïro sê kenners. Donald Trump, presidentskandidaat in die VSA, het hulle gelyk gegee.

Die Franse grenspolisie ondersoek reeds die moontlikheid dat Islamitiese werkers op die lughawe Charles de Gaulles kon gehelp het om die aanval te fasiliteer.

Die hoof van interne intelligensiediens in Frankryk, Patrick Calvar het gewaarsku dat die land “duidelik geteiken” word deur ISIS net ‘n week voor die aanslag op die Parys-na-Kaïro vlug.

Frankryk het twee keer verlede jaar deurgeloop, met die Charlie Hebdo-aanval in Januarie en die aanvalle Parys in November waarna die Franse veiligheidsmagte op ‘n hoë gereedheidsgrondslag geplaas is.

Calvar is in die plaaslike aangehaal: “Ons word gekonfronteer met ‘n nuwe vorm van aanval. ‘n Terroriste-veldtog wat gekenmerk word deur ploftoestelle wat op plekke geplant word waar groot skares versamel, hierdie soort optrede te vermenigvuldig om ‘n klimaat van paniek te skep.”

Die vliegtuig het in die nag verdwyn met 66 passasiers aan boord. Die kaptein van ‘n handelsvaartuig beweer hy het vlamme gesien in die lug 150 myl suid van die Griekse eiland Karpathos naby waar die wrak gevind is.

“Die Franse koerant Le Figaro verwys na ‘n Franse grenspolisiebron wat sê dat speurders hul aandag sal fokus op grondbemanning op die lughawe Charles de Gaulles, om vas te stel of lughawewerknemers ‘n sekuriteitsrisiko inhou,” het die BBC berig.

“Die bron het gesê dat militante Moslems onder diegene is met toegang tot die laai van vrag by vliegtuie.”

Kort ná die slagting in Parys verlede jaar, het die veiligheidsdiens ontdek dat “57 werknemers (by Charles de Gaulles) met toegang tot vliegtuie, op ‘n terreurswartlys was.”

Najim Laachraoui, een van die Brusselse bomaanvallers, het ook by die lughawe Zaventem vir vyf jaar lank voor die aanval gewerk.

Maar die bisarre bewegings van die vliegtuig, wat 22,000 voet geval het voordat dit ‘n 90 grade swaai na links en ‘n 360 grade swaai na regs geneem het, dui daarop dat iets met die beheer van die vliegtuig kon fout gegaan het

Dit was dus nie noodwendig uit die lug geblaas deur ‘n missiel of ‘n toestel aan boord nie.

Dit is onwaarskynlik dat die vlieënier betrokke was by een of ander voorval in die kajuit soos in die geval van die Duitse vlieënier van Germanwings wat glo die vliegtuig vol skoolkinders “opsetlik” laat verongeluk het in die Alpe.

‘n Lugvaartkunde deskundige het daarop gewys dat die A320 oor die algemeen ‘n uitstekende veiligheidsrekord het en die ramp nie weens ‘n tegniese fout kon plaasvind nie.

Presidentskandidaat Donald Trump het vanoggend getwiet: “Dit lyk asof dit nog ‘n terroriste-aanval was. Vliegtuig vertrek uit Parys. Wanneer sal ons kwaai raak, slim en oplettend? Groot haat en siekte!”

EgyptAir-vlug verdwyn

Die Egiptiese lugdiens EgyptAir sê sy vlug MS804 wat Woensdagaand vanuit Parys na Kaïro vertrek het, het van die radar verdwyn.

Volgens berigte was daar 69 passasiers en bemanningslede aan boord van die vliegtuig.

Griekse lugbeheer het blykbaar die Egiptenare laat weet dat die vlug van die radar verdwyn het.

‘n Soektog is intussen begin na die vliegtuig van EgyptAir wat vermis word. Die vliegtuig het geen noodsein uitgestuur nie.

Die vliegtuig, ‘n Airbus 320, het volgens berigte in die vroeë oggendure onderweg na Kairo vermis geraak nadat dit gisteraand vanuit Parys in Frankryk vertrek het.

Vlug MS804 het 66 mense aan boord gehad, waarvan ‘n aantal bemanningslede is. Die vlieënier was glo ervare en daar was geen gevaarlike of brandbare vrag in die ruim nie.

EgyptAir het gesê die vliegtuig het “kommunikasie met radar opsporingstelsels verloor” omstreeks 02:45 (0045 GMT), maar later die tyd verander na 02:30.

‘n Boodskap op Twitter is aanvanklik deur die lugredery aangehaal waar ‘n “ingeligte bron” die vlug as vermis aangedui het.

Opgedateerde inligting van EgyptAir sê:

EgyptAir A320 vlugnommer MS804 verloor kontak met radar bo die Middellandse See 280km (175 myl) van die Egiptiese kus om 02:30 [plaaslike tyd] met die vlug wat na verwagting by Kaïro-lughawe sou aankom teen 3:15.

Dit is heel anders as vroeër verslae van die lugredery wat die laaste bekende kontak as 50km noord van die Egiptiese kus aangedui het.

Die vliegtuig was op ‘n hoogte van 37,000 voet. Daar was 15 Franse aan boord van die vlug. Geen Suid-Afrikaners was glo op die vlug nie.