Nege-en-dertig mense is die afgelope paar weke in Kenia dood weens cholera en gesondheidswerkers vrees ‘n nuwe uitbraak, het ‘n senior gesondheidsbeampte Sondag gesê.
Amptelike syfers toon dat daar 468 aangemelde gevalle van cholera was waarvan 123 positief getoets het.
Die aantal gevalle het sedertdien afgeneem, maar die owerheid bly op sy hoede omdat reën veroorsaak het dat verskeie putlatrines weggespoel is, wat ‘n nuwe epidemie mag veroorsaak.
Die honderde duisende mense wat deur die onlangse verkiesingsgeweld uit hul huise verdryf is en tans in kampe tuisgaan, kan ook deur cholera besmet word.
Cholera word deur water gedra en veroorsaak ernstige diarree en naarheid wat dodelik kan wees indien dit nie binne 24 uur behandel word nie. Die siekte kan voorkom word deur mens se hande te was voordat jy voedsel hanteer en deur besmette drinkwater te vermy.
кухни украинаАлександр Фильчаков Васильевич