Hulp verswak Afrikaregerings

‘n Britse afvaardiging wat tans deur Afrika toer, die Africa All Party Parliamentary Group, het in ‘n 69-bladsy verslag aangedui dat buitelandse hulp Afrika se demokrasieë verswak het omdat dit regerings minder aanspreeklik teenoor hulle kiesers maak.

Die groep sê skenkers is histories gesien geneig om oor en neffens regerings te werk eerder as saam te werk. Dit veroorsaak dat Afrikaregerings meer verantwoording doen teenoor skenkers as hul eie mense, volgens die verslag.

Brittanje se Departement vir Internasionale Ontwikkeling asook die Wêreldbank is twee van die skenkers wat deels verantwoordelik is vir Afrika se verswakte parlementêre instellings. Die verslag het daarom ‘n dringende beroep op skenkers gedoen om meer fondse opsy te sit om sulke instellings op te bou.

Die verslag verwys ook na die groeiende belang van Chinese hulp aan Afrika en waarsku dat die Chinese nie sal bydra tot die uitbou van regeringsvaardighede nie.

playтопкарго отзыв

Maak 'n opvolg-bydrae