Sterftes in Irak neem toe

Nadat president Bush aan die einde van 2007 aangedui het dat hy Amerikaanse troepe sal verminder, het die dodetal in Irak vir Maart dramaties gestyg.

Die totale aantal sterftes vir verlede maand staan op 1 082. Die meeste ongevalle is burgerlikes wat in die suidelike oliehawestad, Basra, omgekom het in gevegte tussen regeringstroepe en die Mehdi-leër van Moktada al-Sadir.

Al-Sadir kla dat huise van sy ondersteuners afgebrand word wat teenstrydig is met ‘n vorige ooreenkoms tussen hom en die regering.

Gevegte het Sondag afgeneem, nadat Al Sadir sy magte van die strate af beveel het. Die aantal Amerikaanse soldate wat omgekom het, het ook vir Maart gestyg van 29 tot 37.

автосканер для диагностикиФільчаков прокурор