Kortom, die wêreld staan voor ‘n voedselkrisis en op sommige plekke het dit reeds begin oorkook. Die Organisasie vir Ekonomiese Ontwikkeling en Samewerking, die OEOS, het sy kommer uitgespreek omdat stygende voedselpryse ‘n verdere terugslag vir die wêreldekonomie is.
‘n Snelgroeiende wêreldbevolking, wat teen 2050 nege miljard gaan haal, vra meer melk en vleis wat meer grond vereis om te produseer.
Die wêreld se koringvoorraad is ook by 30-jaarlaagtepunte as gevolg van ongewone weersomstandighede en graanpryse styg voortdurend, wat dekades van goedkoop voedsel beëindig.
Globale voedselpryse het reeds 35% gestyg in die jaar tot einde Januarie.
Leave a Reply
You must be logged in to post a comment.