Skoonmaak vir Everest

Sedert 1953, toe Edmund Hillary en Tenzing Norgay Everest oorwin het, is die piek al 3000 keer bestyg.
Maar jare se kommersiële ekspidisies het die aangesig van 8 848m ontsier met toue en toerusting, suurstofbottels, gemors en menslike afval. ‘n Geraamde 10 ton vullis lê oor die piek rondgestrooi.

‘n Span bergklimmers het Donderdag egter planne bekend gemaak vir ‘n omgewingsvriendelike poging om Everest aan te durf waar menslike afval nie eers sal agterbly nie.

‘n Amerikaansontwikkelde Clean Mountain Can sal aan alle rugsakke vasgegespe word as hulle suksesvol is in hul poging. Die idea het ontstaan toe menslike afval op ‘n piek wat as heilig
beskou word deur die Sjerpa’s en Tibetane, opgemerk is.

casinoалександр лобановский харьков