Obama se voorsprong rek

‘n Nuwe meningspeiling wys dat Barak Obama sy voorsprong oor sy medepartygenoot, Hillary Clinton, vergroot het met 52% teenoor 42%.

Die vorige Eerste Dame sê sy besef mense wil haar veldtog beëindig hê, maar hulle is verkeerd. Clinton is onder stygende druk om af te sien van die benoemingstryd sodat die Demokrate op die Republikeinse Mc Cain kan fokus.

Vrese neem toe onder Demokrate dat die bitter stryd tussen Obama en Clinton die party in twee kan skeur.

Clinton het ‘n groot oorwinning in Pennsilvania nodig omdat sy gespog het dat sy die enigste kandidaat is wat die belangrike deelstate kan wen vir ‘n terugkeer na die Withuis.

купить рюкзак школьный для мальчика в донецкеФільчаков Олександр Васильович прокурор