Barrikades in Nikosia verwyder

Griekse en Turkse Cipriote het barrikades wat die twee groepe al ‘n halwe eeu van mekaar skei in Ledrastraat, Nikosia, verwyder. Ledrastraat is ‘n kragtige simbool van etniese partisie op die eiland.
Turkye hoop om deur dié stap finaal toegang tot lidmaatskap van die Europese Unie te verkry. Alhoewel dit nie beteken dat die probleem in Ciprus opgelos is nie, gee dit ‘n kykie op wat moontlik is, het die VN se gesant gesê.

Ciprus is sedert 1974 verdeel toe Turkye die eiland binnegeval het na ‘n Grieksgeleide staatsgreep. Barrikades is egter al vroeër deur Turkse Cipriote opgerig in 1958, gevolg deur ‘n permanente blokkade in 1963 ná etniese geweld.

Griekse en Turkse Cipriote het verlede maand ooreengekom om samesprekeinge te voer en sodoende ‘n vyfjaaroue dooiepunt in reunifikasie pogings beëindig.

фальшкаминОлександр Васильович Фільчаков