Vyf-en-dertig lede van die kultus het hulself in ‘n grot ingegrawe waar hulle die laaste dae afwag. Hulle verseg om melk in houers met strepieskodes te koop omdat sulke kodes die merk van die duiwel is en hou daarom liewer ‘n koei aan.
‘n Deel van die grot het egter ineengestort as gevolg van sneeu wat smelt en daarom wag 24 lede van die sekte tans die einde van die wêreld in huise in ‘n dorpie 700 kilometer van Moskou af.
