Afrika moet beplan vir kosstygings

Afrikaministers het Woensdag gesê dat voedselskaarste geleenthede vir beter voedselproduksie in sommige Afrikalande bied.

Hulle het bygevoeg dat die onlangse styging in internasionale kospryse ‘n groot risiko inhou vir Afrika se groei, vrede en sekuriteit. ‘n Gesamentlike verklaring is aan die einde van ‘n byeenkoms van Afrika se ekonomiese en finansieministers in Addis Abeba uitgereik.

Die ministers is van mening dat toepaslike beleidsrigtings gesoek moet word om die effek van stygende voedselpryse op lewenstandaarde te versag, veral vir kwesbare groepe.

‘n Man is in die Ivoorkus gedood en 24 ander in Senegal in hegtenis geneem tydens gewelddadige opstande oor die naweek as gevolg van hoër voedselpryse.

купить тамбов химия для очистки деталейФильчаков прокурор харькова