Die Nigeriese ambassade het reeds 'n lys opgestel van sy burgers wat beseer is of wat verlies tydens die etniese aanvalle gely het, het die minister aan joernaliste gesê.
Ses-en-vyftig mense is dood en tienduisende is dakloos gelaat in die geweld oor die afgelope twee weke.
Volgens Maduekwe is geen Nigeriër in die aanvalle gedood nie, maar baie van hulle het eiendom verloor terwyl ander se winkels geplunder is.
Die staatsbeheerde Nuusagentskap van Nigerië berig dat Nigeriërs in Hillbrow, Berea en Yeoville in Johannesburg verlede week aangeval is en dat hulle winkels beskadig of geplunder is.

Rasseonluste het in die Europese en Belgiese hoofstad uitgebreek toe blankes en Noord-Afrikane Vrydagnag slaags geraak het in die buurt Anderlecht.
Meer as 80 000 mense is tans dood of word as vermis beskou ná Sjina se ergste aardbewing in dekades, het die regering gister bekendgemaak.
'n Wydverspreide droogte en skerpstygende voedselpryse het weereens hongersnood na Ethiopië gebring. Die VN noem dit die ergste sedert die groot humanitêre krisis van 2003.
Swartes sal hierdie jaar wittes verbysteek in getalle in Brasilië vir die eerste maal sedert slawerny afgeskaf is, maar die inkomstegaping tussen die twee groepe mag nog 50 neem om te oorbrug volgens 'n studie wat die Brasiliaanse regering onderneem het.