Volgens mnr. Steven Dimitriyev, die bank se senior privaatsektorspesialis, het Nigeries maatskappye te make met 'n vyandige omgewing wat deur hoë indirekte koste gekenmerk word. Die onbetroubaarheid van Nigerië se elekrisiteit voeg 'n gemiddeld van 10 persent van verkope by die kost van 'n tipiese Nigeriese firma.
Alle tipes firmas ervaar kragonderbrekings en 85 persent van hulle besit kragopwekkers, wat hoer is as in enige ander vergelykbare land.
Nog 'n struikelblok by sake in Nigerië is die ondoeltreffendheid van die doeanediens. Dit neem 46 dae om invoere in te laat, die tweede langste onder vergelykbare lande.
Leave a Reply
You must be logged in to post a comment.