Internetnuus steek koerante verby

Die persentasie van mense wat nuus ten minste drie keer ‘n week aanlyn kry, het koerante vir die eerste keer oortref.

Die vinnige groei van slimfone en elektroniese tablette maak die internet ‘n gunsteling vir mense wat nuus lees sê ‘n verslag.

Aanlynnuus het toegeneem met 17 persent verlede jaar vanaf die vorige jaar, sê die agtste State of the News Media-opname.

Intussen het die VSA se plaaslike, netwerk- en kabel-TV nuus, koerante, radio en tydskrifte almal agteruitgeboer verlede jaar, volgens die Projek vir Uitnemendheid in Joernalistiek, ‘n navorsingsorganisasie wat die prestasie van die pers evalueer en bestudeer.

Die vinnige groei van die elektroniese tablette, soos die iPad, is een van die redes dat aanlynnuusverbruik toegeneem het met 17 persent.

Die persentasie van mense wat sê hulle kry nuus aanlyn ten minste drie keer ‘n week oortref koerante vir die eerste keer. In die tweede plek was plaaslike TV-nuus as die mees gewilde nuusplatform.

Plaaslike TV-nuus is die gewildste formaat sedert die 1960’s, toe dié groei grootliks verantwoordelik was vir die dood van middagkoerante.

Mense is besig om daaraan gewoond te raak om die internet beskikbaar in hul sakke op selfone of klein tablette te hê.

In Desember, het 41 persent van Amerikaners gesê hulle het die meeste van hul nuus oor die nasionale en internasionale aangeleenthede op die internet gelees.

In Januarie, het 7 persent van die Amerikaners reeds elektroniese tablette besit, byna dubbel wat dit was drie maande vroeër was. Dit is die vinnigste groeiende nuwe digitale tegnologie.

Werkverliese het egter ook gevolg. Nuuspersoneel is met gemiddeld 30 persent verminder as wat hulle was in 2000 was, het die projek se verslag gesê.

In ‘n telefoonopname, het die projek bevind dat 28 persent van Amerikaners gesê het die verlies van hul plaaslike koerant sou ‘n groot impak hê op hul vermoë om tred te hou met plaaslike inligting, 30 persent het gesê dit sal ‘n klein impak hê en 39 per persent het gesê dit sal geen invloed hê nie.

freeslots casino slotsдепутат лобановский

Japan: Risiko vir radioaktiewe uitstraling ‘hoog’

Japan se kernkrisis het Dinsdag dramaties verdiep. Terwyl veiligheidsamptenare desperaat probeer het om die ramp te voorkom, het die regering gesê radioaktiewe materiaal lek uit reaktors en kan ‘n “impak op menslike gesondheid”  hê. Hulle het ook aangedui dat die risiko van meer lekkasies “baie hoog” is.

In ‘n nasionale televisieverklaring, het Japan se eerste minister Naoto Kan gesê dat die bestraling versprei het van die Fukushima Dai-Ichi kernkragsentrale in die Fukushimaprovinsie.

Hy het inwoners gewaarsku wat in binne ‘n radius van 30 kilometer van die aanleg woon, om binnenshuis te bly.

“Die vlak lyk baie hoog, en daar is nog steeds ‘n baie hoë risiko van meer uitstraling,” het Kan gesê.

“Dit is lesings wat potensieel mense se gesondheid kan benadeel,” het hy gesê.

Japannese amptenare het voorheen gesê stralingsvlakke by die aanleg is binne veilige perke, en internasionale wetenskaplikes het gesê hoewel daar ernstige gevare is, is daar min gevaar van ‘n ramp soos Tsjernobil in die Oekraïne, waar die reaktor ontplof het en ‘n radioaktiewe wolke oor groot dele van Europa gestuur het.

In teenstelling met die aanleg in Japan, was die Tsjernobilreaktor nie gehuisves in ‘n verseëlde houer nie. Japannese owerhede gebruik tans seewater as ‘n afkoelmiddel as die laaste uitweg.

Bemanningslede van die militêre Amerikaanse skip Ronald Reagan het lae vlakke van bestraling opgedoen ná reddingspogings in Japan, het die VSA Maandag gesê. Hulle kon egter die radioaktiewe stowwe met seep en water afwas.

Bestraling in die lug rondom die reaktors sowel as op vliegtuie wat oor die area gevlieg het, is aangeteken.

дизельные насосные станциилобановский супермаркет класс

Gaddafi se troepe ‘maak skoon’

Soldate lojaal aan die Libiese leier Muammar Gaddafi “ruk op om die land te reinig” van oproeriges, het die woordvoerder van die weermag, kol. Milad Hussein, Sondag by ‘n mediakonferensie gesê.

“Ons aanvalle dwing die terroriste om te vlug. Ons het Zawiyah, Uqayla, Ras Lanuf en Brega bevry en die weermag ruk op om die res van die gebiede te bevry,” het hy gesê.

“Vannag of môre sal julle nuus ontvang oor die vordering.”

Toe hy gevra is oor ‘n moontlike offensief teen die rebelle in hul vesting, Benghazi, in die ooste van Libië, het Hussein gesê: “Daar is rotte en terroriste wat vlug in die aangesig van die aanvalle deur die mense en vrywilligers.”

“Ons het nie regtig ‘n gewapende offensief nodig nie.”

Die oproeriges, wat in wapenmag oortref word deur die regering, wil Gaddafi se 42-jarige bewind tot ‘n einde bring, maar is sover uit verskeie sleutel-oliestede en dorpe gedryf deur troepe wat lojaal aan Gaddafi is.

Hulle is egter steeds in beheer van Misrata, die land se derde grootste stad, tussen Tripoli en Gaddafi se geboorteplek, Sirte.

Misrate, wat ongeveer 150 kilometer oos van Tripoli lê, is “onder beheer van die terroriste,” het Hussein gesê.

“Ons sal dié stad ook binnekort reinig.”

детские строительные инструменты купитьЛобановский

Is radioaktiewe materiaal in Japan vrygestel?

Japan se Kern- en  Industriële waghond (KIVA) het op 12 Maart verklaar dat die ontploffing by die Nommer 1 Fukushima Daiichi-kernkragsentrale net veroorsaak kon gewees het deur ‘n ineenstorting van die reaktorkern, het die Japannese Nikkeidagblad berig. Hierdie stelling is in stryd met die Japannese kabinetsekretaris Yukio Edano se kommentaar vroeër, waarin hy gesê het: “die mure van die gebou waarin die reaktor gehuisves word, is vernietig, wat beteken dat die metaalvoering van die reaktor nie ontplof het nie.”

KIVA se verklaring is belangrik omdat dit die regeringagentskap is wat verslae aan die Buro vir Natuurlike Hulpbronne en Energie in die ministerie van Ekonomie, Handel en Nywerheid skryf. KIVA werk saam met die Atoomenergiekommissie. Sy rol is dié van toesighouer in die bedryf en die agentskap is verantwoordelik vir die afteken van onder meer konstruksieplanne vir nuwe aanlegte. KIVA is reeds gekritiseer vir die goedkeuring van die kernaanlegte op geologiese breuklyne en vir ‘n beweerde konflik van belange in die regulering van die kernsektor. Dit was KIVA wat die opening van die klep gelas het om druk vry te laat – en dus na bewering kernuitstraling – vanuit die Fukushimakragstasie.

KIVA was ook in beheer van die regering se kommunikasie oor die kernreaktorprobleme na afloop van die Tohoku-aardbewing en tsoenami. Dit is moeilik om te bepaal of die KIVA-verklaring akkuraat is, as die Nikkeiverslag nie bevestig word nie.  Dit is ook nie duidelik uit die konteks of KIVA die gevolgtrekkings van ‘n amptelike assessering weergee nie, of bloot ‘n verklaring gemaak het nie. Maar die Tokyo Electric Power Co (TEPCO), die operateur van die Fukushima-kernaanleg, het ook gesê dat alhoewel druk verlig word, kernbrandstof wel gesmelt het en dat verdere optrede nodig is om die druk te beheer.

As hierdie verslag akkuraat is, is dit nie die eerste keer dat verklarings van KIVA en Edano verskil nie. Terwyl Edano vroeër beweer het dat die bestralingsvlakke gedaal het op die terrein na drukontladingspogings, sê KIVA die druk het toegeneem as gevolg van die vrystelling van radioaktiewe dampe.

диагностика для автоtopcargo

Tsoenami tref Japan

‘n Aardbewing wat volgens CNN 8.9 gemeet het, het die noordooste van Japan getref, het die meteorologiese agentskap gesê.

Die agentskap het kort ná die aardbewing ‘n tsoenami-waarskuwing uitgereik, waarna ‘n golf die kus getref het.

AP berig dat ‘n tsoenami-waarskuwing vir Japan, Rusland, Marcus-eiland en die noordelike Marianas-eilande uitgereik is.

Plekke soos Guam, Taiwan, die Filippyne, In

Russiese owerhede op die Sakhalin-eiland in die noordelike Stille Oseaan het sowat 11 0000 inwoners uit kusgebiede ontruim in afwagting van ‘n tsoenami wat veroorsaak is deur ‘n aardbewing van 8.9 aan Japan se noord-oostelike kus.

Streeksnoodpersoneel het gesê dat die tsoenami verskeie dorpies op Sakhalin kan tref.

Geen skade weens Vrydag se aardbewing is nog op die eiland aangemeld nie.

Owerhede op die Kamchatka-skiereiland verder noord sê die tsoenami hou geen gevaar in vir dié gebied nie.

Die dodetal het na 19 gestyg nadat ‘n massiewe aardbewing tot ‘n verwoestende tsoenami in Japan gelei het, het nuusberigte laat Vrydagoggend gelui.

Volgens die berigte is ‘n 67-jarige man deur ‘n muur doodgedruk en ‘n bejaarde vrou is dood nadat ‘n dak op haar geval het. Beide sterftes was in Tokio.

Drie mense is dood toe hul huise in Ibaraki inmekaargestort het.

Die polisie kon nie die sterftesyfer onmiddellik bevestig nie.

“Die skade is so groot dat dit ons baie tyd sal neem om inligting bymekaar te kry,” het ‘n beampte gesê.

 

casino apps freeДанильченко Юрий Харьков

AU verwerp ingryping in Libië

Die Afrika-Unie het militêre ingryping in Libië verwerp om die geweld tussen rebelle en magte lojaal aan Moeammar Gaddafi te beëindig.

Die aankondiging volg na die ministers van verdediging van NAVO se vergadering in Brussel ‘n besluit uitgestel het, oor ‘n vliegverbod in Libië se lugruim. Die AU wou nie kommentaar lewer op Frankryk se besluit om die Libiese afvaardiging van die Nasionale Raad te herken nie.

Dié raad verteenwoordig die rebelle wat teen Gaddafi se magte veg. Libië is ‘n lid van die Afrika-Unie se Vrede en Sekuriteitsraad en word verteenwoordig deur sy minister van buitelandse sake, Moussa Koussa.

Die leier in die Ivoorkus, Laurent Gbagbo is egter gewaarsku dat daar ernstige gevolge sal wees indien hy dié liggaam se opdrag verontagsaam om die mag te laat vaar.

Die AU het Gbagbo aangesê om sy amp dadelik te verlaat. Dit volg ná sy verwerping van voorstelle deur ‘n AU-paneel, wat president Jacob Zuma insluit. Die Ivoorkus is in chaos gedompel sedert ‘n betwiste presidentsverkiesing op 28 November. Die internasionale gemeenskap herken Alassane Ouattara as die wenner van die verkiesing.

верхняя одежда для девочек весна осеньtopcargo кидалы

Potensiaal vir konflik in Golf neem toe

Saoedi-polisie het na berig word honderde betogers op 10 Maart by ‘n saamtrekpunt in die Sjiïtiese stad van Qatif in Saoedi-Arabië se olie-ryk Oostelike Provinsie met skokgranate en geweervuur uitmekaargejaag.

Die besluit om die geweld in te span, kom ‘n dag voor Vrydaggebede, waarna verskeie Saoedi-opposisiegroepe van plan was om die strate in te vaar. Onrus prut reeds die afgelope paar weke in die Saoedi-koninkryk. Dit is meestal Soennie-jeugdiges, menseregte-aktiviste en intellektuele in Riyadh en Jeddah wat hulle beywer vir groter politieke vryheid, insluitende ‘n oproep vir ‘n grondwetlike monargie.

‘n Dag van protes regoor die land is vir 11 Maart deur Facebookgroepe Hanyn (Nostalgia) Rewolusie en die Free Youth Coalition beplan.

Van kritieke belang vir Saoedi-Arabië is egter Sjiïtiese-gedrewe onrus in die land se Oostelike Provinsie. Sjiïtiese aktiviste en geestelikes het in die afgelope weke meer militant geraak en Saoedi-veiligheidsmagte probeer systap. Die Saoedi-regime is versigtig tot dusver, en wil nie die protes aanblaas met ‘n gewelddadige teenoptrede nie, maar word nietemin uitgedaag om hulle beheer oor die situasie te demonstreer.

Nog Sjiïtiese onrus prut in die nabygeleë eiland van Bahrein, en die Saoedi-koningshuis raak toenemend bekommerd oor die vooruitsig van Sjiïtiese opstande in die Golfstreek. Dit is in Iran se strategiese belang om die VSA se bondgenote te destabiliseer.

Deur ‘n bereidwilligheid om mag te begin gebruik te toon, hoop die Saoedi-owerhede waarskynlik hulle sal in staat wees om mense te weerhou om by die protes aan te sluit, maar sulke optrede kan net so maklik die protesteerders prikkel.

Daar is ‘n sterk potensiaal vir konflik tussen die Saoedi-veiligheidsmagte en protesteerders, veral in die belangrike Oostelike Provinsie. Saoedi-owerhede het streng sekuriteitsmaatreëls in die Sjiïtiese gebiede van die land  getref deur die uitstuur van ongeveer 15 000 nasionale boogskutters.

Die olieprys het reeds gereageer op die verhoogde spanning in die Persiese Golf, maar onrus in stede soos Qatif is ‘n direkte aanslag op olie: Die groot oliepypleidings na die oliehawe van Ras Tanura, die wêreld se grootste met ‘n kapasiteit van 5 miljoen vate per dag, loop deur Qatif.

компрессор для покраскиФільчаков прокурор

‘Islam hoort nie in Duitsland’

Net nog drie dae in sy pos, en Duitsland se nuwe minister van binnelandse sake het reeds ‘n herrie veroorsaak vir sy regering deur ‘n erg delikate debat uit te lok oor multikulturalisme.

Hans-Peter Friedrich meen Islam is nie ‘n belangrike deel van die Duitse leefwyse nie. Hy het gesê Islam hoort nie in Duitsland nie.

“Islam in Duitsland is nie iets wat ondersteun word deur die geskiedenis op enige punt nie,” het Friedrich Donderdag aan joernaliste gesê op sy eerste dag as Thomas de Maiziere se plaasvervanger.

Friedrich het in die konteks van ‘n ondersoek deur die Duitse owerhede na verlede Woensdag se dood van twee Amerikaanse vlieëniers op Frankfurtlughawe, gepraat. Die 21-jaar-oue Kosovaarse Arid Uka, wat die aanval eiehandig geloods het, is vermoedelik gemotiveer deur radikale Islamitiese oortuigings.

Friedrich se kommentaar was ‘n opsetlike woordspel. Hy het ‘n vorige opmerking wat ‘n paar maande gelede deur die Duitse president Christian Wulff gemaak is, woordeliks weerspreek. Wulff het by dié geleentheid gesê dat Islam nou “in Duitsland hoort” as gevolg van die 4 miljoen Moslems wat daar woon.

Friedrich se kommentaar oor die onderwerp van immigrante godsdiens en multikulturalisme is in harmonie met die kommentaar van ander Europese leiers onlangs. Die Britse premier David Cameron, het verlede maand gesê multikulturalisme het misluk in Brittanje en linkse jong Moslems is kwesbaar vir radikalisering.

Duitsland is die tuiste van Wes-Europa se tweede grootste Islamitiese bevolking na Frankryk. Die enkele grootste minderheid is Turks. In teenstelling met die situasie in Brittanje of Frankryk, waar rassespanning soms ontplof in geweld, is Duitse Moslems relatief vreedsaam, maar die gebrek aan integrasie bly vir die Duitsers ‘n probleem.

Opposisielid Dieter Wiefelsputz van die Sosiale Demokratiese Party het Friedrich se kommentaar as “gemors” beskryf en gesê die minister begin sy termyn met “swak oordeel.”

рукав пескоструйныйалександр лобановский супермаркет класс

Zuma knip Franse besoek kort

President Jacob is in Mauritanië waar hy hom sal aansluit by die ander lede van die paneel van die Afrika Unie wat die geskil na die verkiesing in die Ivoorkus moet probeer oplos.

Zuma moes vroeër sy toespraak by die Franse Instituut vir Internasionale Betrekkinge in Parys kortknip na kommer oor veiligheid.

Dit het na bewering verband gehou met betogings deur Tunisiërs wat in die stad woon. Die paneel van die AU het ‘n maand tyd om die politieke krisis in die Ivoorkus op te los, maar dit lyk of daar min vordering is aangesien die huidige president, Laurent Gbagbo, steeds weier om die mag oor te dra aan Alessane Ouatarra wat wyd erken word as die wenner van die November-verkiesing.

Vliegtuie van die Libiese lugmag het intussen nuwe aanvalle op die oostelike dorp Brega geloods. Die dorp is ‘n groot olieprodusent en tans onder beheer van teenstanders van die Libiese leier, Moeammar Ghaddafi. ‘n Opposisiewoordvoerder sê die lughawe by Brega en opposisiemagte is onder bomme gesteek.

Tweehonderdduisend vlugtelinge het nou reeds uit die land gevlug weens die onrus. ‘n Grootskaalse internasionale operasie waarby vliegtuie van Brittanje, Frankryk en Tunisië betrokke is, help om mense uit die land te verwyder.

лучшее белое винодепутат лобановский

Moslemsaanval in Duitsland eis twee

Twee mense is dood en twee is beseer, ten minste een kritiek, in ‘n skietaanval op Amerikaanse militêre personeel by Frankfurt Internasionale Lughawe in Duitsland. Die aanval het omstreeks twintig oor drie op 2 Maart plaasgevind.

Volgens nuusverslae, het ‘n gewapende aanvaller aan boord van ‘n Amerikaanse militêre bus wat by die ingang van Terminaal 2 geluier het, gestap en begin skiet. Die twee oorledenes was ‘n Amerikaanse soldaat en die bestuurder van die bus, wie se nasionaliteit nie bekend is nie.

Die oortreder is na bewering uit Kosovo, van Albanese etnisiteit en 21 jaar oud, volgens Duitse mediabronne. Volgens nuusberigte, was die Amerikaanse troepe op pad na Afghanistan.

Daar was reeds aanvalsplanne teen Amerikaanse militêre teikens in Duitsland die afgelope jaar. Die aanval pas in die kategorie van die “gewapende jihadistiese stryd” soortgelyk aan wat die Amerikaans-gebore Jemeense geestelike Anwar al-Awlaki in 2010 op Internetkletskammers versoek het. Al-Awlaki word gekoppel aan maj. Nidal Hasan, wat in die November 2009, Fort Hood-skietery aangekla is.

Die aanval in Frankfurt was ‘n sagte-teiken aanval. Sagte teikens is vatbaar vir aanvalle te danke aan die afwesigheid van voldoende sekuriteit. Gebiede by lughawens buite die veiligheidspunte is sulke teikens. STRATFOR het reeds geruime tyd voorspel dat militante sulke doelwitte verkies veral vanweë hul fiksasie met vliegtuie.

Die onlangse aanslag op Domodedovo Internasionale Lughawe in Moskou, byvoorbeeld, het die internasionale aankomsarea waar families, vriende en bestuurders deur reisigers ingewag word, geteiken. Sulke gebiede is moeilik om te beveilig, omdat dit sal vereis dat die hele lughawe afgekordon moet word.

As verslae oor die aanvaller se etnisiteit waar is, sal dit nie die eerste keer wees dat etniese Albaniërs het by die internasionale jihad betrokke is nie. ‘n Aantal Albanese individue was deel van die Fort Dix-aanvalsplan in die Verenigde State in 2007.

Amerikaanse owerhede het ‘n militante sel in Noord-Carolina ontdek waarby individue van etniese Albanese herkoms betrokke was. In 2009, het ‘n Amerikaanse burger van Albanese herkoms van Brooklyn, New York, probeer om na Pakistan vir militante opleiding te gaan.

Albanese het met die hulp van die VSA, in hul stryd teen Serwië in Kosovo, grootliks geskool geraak in militante Islam in die laat 1990’s teen die regime van die destydse Slawiese leier Slobodan Milosevic.

детский интернет магазин харьковОлександр Фільчаков прокурор