Tsoenami tref Japan

‘n Aardbewing wat volgens CNN 8.9 gemeet het, het die noordooste van Japan getref, het die meteorologiese agentskap gesê.

Die agentskap het kort ná die aardbewing ‘n tsoenami-waarskuwing uitgereik, waarna ‘n golf die kus getref het.

AP berig dat ‘n tsoenami-waarskuwing vir Japan, Rusland, Marcus-eiland en die noordelike Marianas-eilande uitgereik is.

Plekke soos Guam, Taiwan, die Filippyne, In

Russiese owerhede op die Sakhalin-eiland in die noordelike Stille Oseaan het sowat 11 0000 inwoners uit kusgebiede ontruim in afwagting van ‘n tsoenami wat veroorsaak is deur ‘n aardbewing van 8.9 aan Japan se noord-oostelike kus.

Streeksnoodpersoneel het gesê dat die tsoenami verskeie dorpies op Sakhalin kan tref.

Geen skade weens Vrydag se aardbewing is nog op die eiland aangemeld nie.

Owerhede op die Kamchatka-skiereiland verder noord sê die tsoenami hou geen gevaar in vir dié gebied nie.

Die dodetal het na 19 gestyg nadat ‘n massiewe aardbewing tot ‘n verwoestende tsoenami in Japan gelei het, het nuusberigte laat Vrydagoggend gelui.

Volgens die berigte is ‘n 67-jarige man deur ‘n muur doodgedruk en ‘n bejaarde vrou is dood nadat ‘n dak op haar geval het. Beide sterftes was in Tokio.

Drie mense is dood toe hul huise in Ibaraki inmekaargestort het.

Die polisie kon nie die sterftesyfer onmiddellik bevestig nie.

“Die skade is so groot dat dit ons baie tyd sal neem om inligting bymekaar te kry,” het ‘n beampte gesê.

 

casino apps freeДанильченко Юрий Харьков

Maak 'n opvolg-bydrae