Net nog drie dae in sy pos, en Duitsland se nuwe minister van binnelandse sake het reeds ‘n herrie veroorsaak vir sy regering deur ‘n erg delikate debat uit te lok oor multikulturalisme.
Hans-Peter Friedrich meen Islam is nie ‘n belangrike deel van die Duitse leefwyse nie. Hy het gesê Islam hoort nie in Duitsland nie.
“Islam in Duitsland is nie iets wat ondersteun word deur die geskiedenis op enige punt nie,” het Friedrich Donderdag aan joernaliste gesê op sy eerste dag as Thomas de Maiziere se plaasvervanger.
Friedrich het in die konteks van ‘n ondersoek deur die Duitse owerhede na verlede Woensdag se dood van twee Amerikaanse vlieëniers op Frankfurtlughawe, gepraat. Die 21-jaar-oue Kosovaarse Arid Uka, wat die aanval eiehandig geloods het, is vermoedelik gemotiveer deur radikale Islamitiese oortuigings.
Friedrich se kommentaar was ‘n opsetlike woordspel. Hy het ‘n vorige opmerking wat ‘n paar maande gelede deur die Duitse president Christian Wulff gemaak is, woordeliks weerspreek. Wulff het by dié geleentheid gesê dat Islam nou “in Duitsland hoort” as gevolg van die 4 miljoen Moslems wat daar woon.
Friedrich se kommentaar oor die onderwerp van immigrante godsdiens en multikulturalisme is in harmonie met die kommentaar van ander Europese leiers onlangs. Die Britse premier David Cameron, het verlede maand gesê multikulturalisme het misluk in Brittanje en linkse jong Moslems is kwesbaar vir radikalisering.
Duitsland is die tuiste van Wes-Europa se tweede grootste Islamitiese bevolking na Frankryk. Die enkele grootste minderheid is Turks. In teenstelling met die situasie in Brittanje of Frankryk, waar rassespanning soms ontplof in geweld, is Duitse Moslems relatief vreedsaam, maar die gebrek aan integrasie bly vir die Duitsers ‘n probleem.
Opposisielid Dieter Wiefelsputz van die Sosiale Demokratiese Party het Friedrich se kommentaar as “gemors” beskryf en gesê die minister begin sy termyn met “swak oordeel.”

Leave a Reply
You must be logged in to post a comment.