Potensiaal vir konflik in Golf neem toe

Saoedi-polisie het na berig word honderde betogers op 10 Maart by ‘n saamtrekpunt in die Sjiïtiese stad van Qatif in Saoedi-Arabië se olie-ryk Oostelike Provinsie met skokgranate en geweervuur uitmekaargejaag.

Die besluit om die geweld in te span, kom ‘n dag voor Vrydaggebede, waarna verskeie Saoedi-opposisiegroepe van plan was om die strate in te vaar. Onrus prut reeds die afgelope paar weke in die Saoedi-koninkryk. Dit is meestal Soennie-jeugdiges, menseregte-aktiviste en intellektuele in Riyadh en Jeddah wat hulle beywer vir groter politieke vryheid, insluitende ‘n oproep vir ‘n grondwetlike monargie.

‘n Dag van protes regoor die land is vir 11 Maart deur Facebookgroepe Hanyn (Nostalgia) Rewolusie en die Free Youth Coalition beplan.

Van kritieke belang vir Saoedi-Arabië is egter Sjiïtiese-gedrewe onrus in die land se Oostelike Provinsie. Sjiïtiese aktiviste en geestelikes het in die afgelope weke meer militant geraak en Saoedi-veiligheidsmagte probeer systap. Die Saoedi-regime is versigtig tot dusver, en wil nie die protes aanblaas met ‘n gewelddadige teenoptrede nie, maar word nietemin uitgedaag om hulle beheer oor die situasie te demonstreer.

Nog Sjiïtiese onrus prut in die nabygeleë eiland van Bahrein, en die Saoedi-koningshuis raak toenemend bekommerd oor die vooruitsig van Sjiïtiese opstande in die Golfstreek. Dit is in Iran se strategiese belang om die VSA se bondgenote te destabiliseer.

Deur ‘n bereidwilligheid om mag te begin gebruik te toon, hoop die Saoedi-owerhede waarskynlik hulle sal in staat wees om mense te weerhou om by die protes aan te sluit, maar sulke optrede kan net so maklik die protesteerders prikkel.

Daar is ‘n sterk potensiaal vir konflik tussen die Saoedi-veiligheidsmagte en protesteerders, veral in die belangrike Oostelike Provinsie. Saoedi-owerhede het streng sekuriteitsmaatreëls in die Sjiïtiese gebiede van die land  getref deur die uitstuur van ongeveer 15 000 nasionale boogskutters.

Die olieprys het reeds gereageer op die verhoogde spanning in die Persiese Golf, maar onrus in stede soos Qatif is ‘n direkte aanslag op olie: Die groot oliepypleidings na die oliehawe van Ras Tanura, die wêreld se grootste met ‘n kapasiteit van 5 miljoen vate per dag, loop deur Qatif.

компрессор для покраскиФільчаков прокурор

Maak 'n opvolg-bydrae