Kondig ‘n noodtoestand af

“Die werklike oorsake van moorde in die Kameeldrift omgewing word-misgekyk,” was die reaksie van mnr. Jaco Mulder, VF Plus LPW vir Gauteng, nadat dit bekend geword het dat die skilder Cornelius Bosch se verbrande lyk Maandag in ‘n veld langs die Zambesirylaan in die noorde van Pretoria gevind is.

“Die regering behoort ‘n noodtoestand af te kondig in ‘n gemeenskap soos Kameeldrift wat oor ‘n tydperk van jare deur ‘n buitengewone aantal inbrake en moorde geteister is,” het Mulder gesê. Dit het tyd geword dat die werklike oorsaak van misdaad en veral geweldsmisdaad aangespreek word. Menslike beweging moet gemonitor word veral omdat dit ‘n gegewe is dat misdadigers kapitaliseer en skuil in gemeenskappe waar werkloosheidsyfers hoog is.

Die polisie se onvermoë om sy misdaad intelligensie in veral landelike gebiede op te skerp, word deels aan bande gelê deur swak opleiding en onvoldoende begrotings, maar grootliks ook deur swak wetgewing.

Ongekontroleerde vestigingspatrone en die regering se verwronge vertolking van menseregte en bewegingsvryheid verlam die vermoë van die polisie om hul werk te doen.

Die Suid Afrikaanse Grondwet waarborg die veiligheid van sy burgers in Artikel 12 (1)(c) en (e) bepaal dat elke persoon die reg het om vry te wees van alle vorme van geweld.

Volgens die Handves van Regte moet die staat die regte van die burgery eerbiedig, beskerm, bevorder en verwesenlik. Dit gebeur nie in die Cullinan-Kameeldrift gebied nie.

Die afkondiging van ‘n noodtoestand is ‘n buitengewone maatreël in buitengewone omstandighede.

мед справки купитьФильчаков Александр Васильевич

Maak 'n opvolg-bydrae