Twee mense is dood en twee is beseer, ten minste een kritiek, in ‘n skietaanval op Amerikaanse militêre personeel by Frankfurt Internasionale Lughawe in Duitsland. Die aanval het omstreeks twintig oor drie op 2 Maart plaasgevind.
Volgens nuusverslae, het ‘n gewapende aanvaller aan boord van ‘n Amerikaanse militêre bus wat by die ingang van Terminaal 2 geluier het, gestap en begin skiet. Die twee oorledenes was ‘n Amerikaanse soldaat en die bestuurder van die bus, wie se nasionaliteit nie bekend is nie.
Die oortreder is na bewering uit Kosovo, van Albanese etnisiteit en 21 jaar oud, volgens Duitse mediabronne. Volgens nuusberigte, was die Amerikaanse troepe op pad na Afghanistan.
Daar was reeds aanvalsplanne teen Amerikaanse militêre teikens in Duitsland die afgelope jaar. Die aanval pas in die kategorie van die “gewapende jihadistiese stryd” soortgelyk aan wat die Amerikaans-gebore Jemeense geestelike Anwar al-Awlaki in 2010 op Internetkletskammers versoek het. Al-Awlaki word gekoppel aan maj. Nidal Hasan, wat in die November 2009, Fort Hood-skietery aangekla is.
Die aanval in Frankfurt was ‘n sagte-teiken aanval. Sagte teikens is vatbaar vir aanvalle te danke aan die afwesigheid van voldoende sekuriteit. Gebiede by lughawens buite die veiligheidspunte is sulke teikens. STRATFOR het reeds geruime tyd voorspel dat militante sulke doelwitte verkies veral vanweë hul fiksasie met vliegtuie.
Die onlangse aanslag op Domodedovo Internasionale Lughawe in Moskou, byvoorbeeld, het die internasionale aankomsarea waar families, vriende en bestuurders deur reisigers ingewag word, geteiken. Sulke gebiede is moeilik om te beveilig, omdat dit sal vereis dat die hele lughawe afgekordon moet word.
As verslae oor die aanvaller se etnisiteit waar is, sal dit nie die eerste keer wees dat etniese Albaniërs het by die internasionale jihad betrokke is nie. ‘n Aantal Albanese individue was deel van die Fort Dix-aanvalsplan in die Verenigde State in 2007.
Amerikaanse owerhede het ‘n militante sel in Noord-Carolina ontdek waarby individue van etniese Albanese herkoms betrokke was. In 2009, het ‘n Amerikaanse burger van Albanese herkoms van Brooklyn, New York, probeer om na Pakistan vir militante opleiding te gaan.
Albanese het met die hulp van die VSA, in hul stryd teen Serwië in Kosovo, grootliks geskool geraak in militante Islam in die laat 1990’s teen die regime van die destydse Slawiese leier Slobodan Milosevic.
