Gaddafi se troepe ‘maak skoon’

Soldate lojaal aan die Libiese leier Muammar Gaddafi “ruk op om die land te reinig” van oproeriges, het die woordvoerder van die weermag, kol. Milad Hussein, Sondag by ‘n mediakonferensie gesê.

“Ons aanvalle dwing die terroriste om te vlug. Ons het Zawiyah, Uqayla, Ras Lanuf en Brega bevry en die weermag ruk op om die res van die gebiede te bevry,” het hy gesê.

“Vannag of môre sal julle nuus ontvang oor die vordering.”

Toe hy gevra is oor ‘n moontlike offensief teen die rebelle in hul vesting, Benghazi, in die ooste van Libië, het Hussein gesê: “Daar is rotte en terroriste wat vlug in die aangesig van die aanvalle deur die mense en vrywilligers.”

“Ons het nie regtig ‘n gewapende offensief nodig nie.”

Die oproeriges, wat in wapenmag oortref word deur die regering, wil Gaddafi se 42-jarige bewind tot ‘n einde bring, maar is sover uit verskeie sleutel-oliestede en dorpe gedryf deur troepe wat lojaal aan Gaddafi is.

Hulle is egter steeds in beheer van Misrata, die land se derde grootste stad, tussen Tripoli en Gaddafi se geboorteplek, Sirte.

Misrate, wat ongeveer 150 kilometer oos van Tripoli lê, is “onder beheer van die terroriste,” het Hussein gesê.

“Ons sal dié stad ook binnekort reinig.”

детские строительные инструменты купитьЛобановский

Maak 'n opvolg-bydrae