Hulle sê gevorderde Japanese ingenieurswese aan die 40-jaar-oue fasiliteit sal ‘n Tsjernobiel-styl ramp vermy, maar enige bestralingslek kan nietemin rampspoedige gevolge hê.
Tydens Vrydag se megaskudding is die meeste van Japan se 50 kernkragstasies gesluit soos verwag, maar by Fukushima se Daiichikernkragsentrale het die stelsel misluk.
Die hoof-beskermingskapsule by die Fukushima-kernkragstasie in Japan se Eenheid 1 het Maandag se ontploffing oorleef, maar die tweede reaktor se verkoelingstelsel het nou onklaar geraak, het die Verenigde Nasies se atomiese waghond, IAEA, gesê.
“Japan se Kern- en Industriële Veiligheidsagentskap (KIVA) het verdere inligting aan IAEA verskaf oor die waterstofontploffing wat Maandag by die Eenheid 3-reaktor by die Fukushima Daiichi-kernkragstasie plaasgevind het,” het IAEA gesê.
“Die reaktorgebou het ontplof, maar die hoof-beskermingskapsule is nie beskadig nie. Die kontrole kamer van Eenheid 3 funksioneer nog.”
Alle personeel van die kernstasie is veilig en slegs ses mense is beseer, het IAEA gesê.
As die verkoelingstelsel nie herstel word, kan dit lei tot wat bekend staan as ‘n ineenstorting – wanneer die kern smelt en radioaktiewe uitstraling in die atmosfeer ontsnap.
Amptenare pomp tans seewater in die nommer 3-reaktor om die temperatuur laag te probeer hou.
‘n Veiligheidsone is intussen opgestel rondom die fasiliteit en 140.000 mense is verskuif van die gebied. Die owerhede versprei tans gratis jodium om mense te beskerm teen enige radioaktiewe blootstelling.
Dit is belangrik om stabiele jodium te kry in die skildklier om die opname van radioaktiewe jodium te voorkom. As radio-aktiewe deeltjies die liggaam in groot dosisse binnekom, hou dit gesondheidsrisiko’s in wat wissel van braking, haarverlies en in uiterste gevalle, kanker.
In 1986, was die ontploffing van reaktor nommer vier by die Oekraïne se Tsjernobielaanleg die wêreld se ergste kernramp.
Daar is ook 140.000 mense ontruim nadat die reaktor gedeeltelik ineengestort het.
Alhoewel daar kontaminasie binne die aanleg was, was niemand buite bestraal nie en geen ongevalle is aangemeld nie.
Japan het die enigste twee dodelike kernongelukke sedert Tsjernobiel ervaar – een in Tokaimura in 1999 wat twee werkers gedood het en die ander in Mihama in 2004 wat gelei het tot vier sterftes.
Tokaimura is Japan se ergste kernongeluk tot op datum, met meer as 600 mense wat aan bestraling blootgestel is.
Wat ookal gebeur in Japan, sal die wenslikheid kernkrag en die veiligheid daarvan, weer onder die loep kom.
Die voorste Europese lande sê hulle sal hul kernveiligheid herevalueer in die lig van Japan se probleme by die Fukushima- en ander kernkragsentrales. Oostenryk het reeds gevra vir ‘n hersiening van kernkragsentrales in die 27 lande in die Europese Unie.
Die Verenigde Nasies het gesê daar is toenemende kommer oor die reaktors by talle van Japan se kernkragsentrales.
Leave a Reply
You must be logged in to post a comment.